Monday 7 January 2008

"Life's a beach" - Thailand

In Thailand kan ons nie se ons het getoer nie, hier het ons net vakansie gehou. Daar is van julle wat sal wonder of daar 'n verskil is, maar glo my daar is 'n wesenlike verskil-toer is harde werk.

Ons het ons tyd verwyl by verskillende plekke/eilande aan die Andaman kus. Ons het begin met paar dae in Khao Lak waarvandaan ons vir 3 dae op 'n "Live-a-board" duiksafari in die Similan eilande gegaan het. Ons het 9 duike gedoen en ongelooflike seelewe gesien. Wat jong duikers, soos onsself, opgewonde sal maak: haaie, 'n seeskilpad en verskeie palings. Wat die meer ervare duikers, wat al verveeld is van voorgenoemde, sal interesseer: 'n pienk "frogfish", 'n seemot en 'n harlekyn garnaal.

Na ons duiksafari het ons gaan kuier op Kho Phi-Phi eiland. Hier het ons nie veel meer gedoen as snorkel en "beach bats" speel nie. Daarna het ons paar dae op Railey Beach deurgebring, die rotsklim mekka in Thailand. Ons het self ons hand aan die tou geslaan en was nie te sleg vir beginners nie.

We didn't travel in Thailand, we were just on holiday. We spent three days in Khao Lak on the Andaman Coast of Thailand. From here we went on a three day Live aboard dive trip to the Similian Islands. It was wonderful and we saw turtles, sharks, lion- and scorpion fish, groupers and many more colourful fish, it was like swimming in an aquarium.

Whe spent a couple of days on Kho Phi Phi and at Railey Beach. We didn't do much here, just snorkeling, beach bats and climbing in Railey.

Hier is foto's van die laaste dae van ons toer:
Here are some photo's of the last days of our trip:











































Hierdie is 'n haai, as jy mooi kyk.
This is a shark, but you need to look closely.










































































































































































































































































































































Tydens feesvieringe in Thailand stuur die Thais lanterns (klein lugballonne) op. Dit lyk pragtig as die verligte lantern teen die swart lug opstyg om nie eers te praat daarvan as hulle 100e terselfde tyd oplaat nie. Dit was die geval met nuwejaar. Hier is ons met ons 2008 Lantern.

During festivities in Thailand, the locals send lanterns (small hot air baloons) into the sky. It looks really beatiful when they rise against the dark night sky, especially when they send up hundreds of them at once.































Sunday 23 December 2007

Cambodia

Cambodia

Van die Siphandon eilande af het ons Suid gereis en die grens oorgesteek by Voen Kham. 'n Dagreis erder het ons Phnom Phen, die hoofstad van Cambodia bereik.

From the Siphandon Islands we headed South to Cambodia . After a tiring days travel we reached Phnom Phen, the capital.

Phnom Phen

Met Cambodia se ontstuimige politieke geskiedenis, wat maar eers gestabiliseer het met die draai van die millenium, het ons nie veel verwag van die hoofstad nie. Ons was aangenaam verras met wat ons aangetref het, daar is nog heelwat arm en onversorgde dele, maar mens kan sien hoe die stad stelselmatig opgebou word.

Due to Cambodia's unstable political history, we didn't expect much of Phnom Penh. We were surprised by what we found. The jewel of the city was the Imperial Palace.

Die kroon van die stad is die Keiser se paleis, 'n indrukwekkende kompleks.



Die Khmer Rouge het in 1975 die regering omvergewerp. Hulle leier, Pol Pot, het 'n Mao-styl revolusie van stapel gestuur, waartydens hy Phnom Phen in 'n kwessie van 'n paar maande 'ontruim' het. Sy ideaal was om Kampuchia, soos hy Cambodia herdoop het, te hervorm in 'n gelyke samelewing, gedra deur primitiewe landbou en om weg te doen met alle vorme van kennis en kultuur. Hierdie program het as die 'Year Zero' program bekend gestaan. Van Phnom Phen se 2 miljoen inwoners het net 45000 oorgebly, die res is na die platteland gestuur om te bearbei. Die geleerdes en teenstanders van die revolusie is egter verskoon hiervan, net om 'n veel erger lot in die gesig te staar. Hulle is gevange geneem, gemartel en dan tereggestel.

Die mees bekende gevangenis is 'n skool in PP wat hiervoor omskep is. Dit het bekend gestaan as S21 - Security Office 21. Van die meer as 20,000 mense wat hier aangehou was, het net 7 oorleef. Daar word gereken dat sowat 2 miljoen mense tydens en agv die revolusie gesterf het.

Ons het die S21 gevangenis besoek. Dit was 'n baie neerdrukkende ervaring, daar is rye en rye foto's van die gevangenis, wat geneem is met hul aankoms. Die foto's was ontstellend, daar was kinders wat nie ouer as twee kon wees nie, ma's met babatjies en dit is goeie moderne foto's-van dieselfde kwaliteit as my broers se babafoto's want dit het alles net bietjie meer as 30 jaar gelede gebeur in hulle leeftyd. Ons het ook Choeung Ek besoek, so 15km uit die stad uit, waar die gevangenis tereggestel is en in vlak massagrafte begrawe is.

Daar is nie eintlik foto's te wys van ons dag nie, ek het nie juis geinspireer gevoel om enige te neem nie. Dit was 'n dag wat ons sal by bly.

We visited some of the sites commomorating the atrocities of the Pol Pot regime in the late 1970's. These were unsettling and we weren't inspired to take any pictures. However it was good to see all this to be more aware of what happened in the recent past.

Wat die dag verder monumenteel gemaak het was dat Oom Jap hom by ons kom aansluit het vir die sonsonderbier. Wat 'n karakter: die oom is êrens in sy 70's, het twee Youth Hostel International kaarte en bly oral waar hy reis in "backpackers". Hy het gevra dat ons saam met hom by 'n Japanese restaurant gaan eet waar hy vir ons bestel het en aangedring het dat ons alles in sy bord ook proe. Op sy beurt het hy aandagtig geluister toe Gert vir hom in detail verduidelik het hoe om braaibroodjies te maak, ek dink hy het Gert verloor by die Mrs Balls deel van die resep.

Keiserlike paleis / Emperor's palace











































Vryheidsmonument / Freedom Monument



















Wêreldvlae langs die Mekong
Flags of the world along the Mekong



















Groenteplaas in PP / Vegetable farm in PP



















Battambang



Wat een van ons laaste busritte sal wees, het ons Battambang toe geneem. Ons entoesiasme oor die TV om ons tydens die langpad te vermaak was effens gedemp toe die oosterse karaoke video begin speel het, ons het terugflitse gehad van ons busritte in Viëtnam. Toe word ons verras met The Gods must be crazy II in Khmer. Oud en jonk het gekraai van die lag, ons het skoon trots gevoel. Dit was nie die eerste keer dat die ou film op gekom het tydens ons reis nie, heelwat mense het al daarna verwys wanneer ons meld dat ons van Afrika af kom. Ons het nooit besef Jamie Uys se skepping het soveel internasionale faam verwerf nie.

Daar is nie veel te sê van Battambang nie alhoewel dit die tweede grootste stad in Cambodia is. Ons het net hier aangedoen om die bootreis van hier na Siem Reap te neem. Die bootreis was verseker die moeite werd. Die reis neem jou van Battambang via 'n verskeidenheid riviere na die Tonle Sap meer, die grootste meer in die omgewing. Mense bly hier letterlik op die water, alles van die skool tot die kerk dryf. Dit was interessant om te sien hoe die mense leef, maar ek sal nie heeltyd so op die water wil wees nie.

We took a bus from PP to Battambang from where we got a boat the next day to Siem Reap. The boat took us via various small rivers to the Tonle Sap lake. We passed numerous floating villages on the way, where everything from the school to the church floats on the water.




Siem Reap (Angkor)

Siem Reap is die dorp naby die Angkor kompleks wat die befaamde Angkor Wat huisves. Die ruines het verdere roem verwerf as die filmstel vir Tomb Raider. Die kompleks is tussen 9de en 15de eeu deur die Khmer nasie gebou. Dit het eers aan die Weste bekend geword toe 'n Fransman daarop afgekom het in die laat 19e eeu.

Dit is ongelooflik om te dink dat mense in daardie tye sulke projekte kon visualiseer, om nie eers te praat van voltooi nie. Om 'n idee te gee: om Angkor Wat is 'n muur van 3.6km gebou, en rondom die muur is 'n grag gegrawe van 100m breed, dit is ondenkbaar hoeveel hande nodig was om hierdie werk te doen. Ons is dikwels met ontsag vervul vir die Khmer mense.

Vir meer inligting oor Angkor gaan lees op Wikipedia: http://en.wikipedia.org/wiki/Angkor
Siem Reap is the closest town to the world famous Angkor Ruines. These ruines formed the backdrop for the Tomb Raider Films. It was awe inspiring to see what the Khmer people accomplished between the 9th and the 15th century. For more information on this remarkable site, see Wikipedia : http://en.wikipedia.org/wiki/Angkor




















Met rede is die hedendaagse Cambodiane baie trots op Angkor. Alles hier is met Angkor "gebrand", ons drink Angkor bier, sou ons gerook het is Angkor sigarette beskikbaar, selfs die motortjies wat hier aanmekaar gesit word heet Angkor. Die nasionale vlag het ook 'n afbeelding van Angkor Wat op.