Monday, 15 October 2007

Cordilleras Blanca - Peru

Lima

Van Santiago af het ons Lima toe gevlieg. Met eerste oogopslag is die opinies van vorige besoekers met wie ons al gesels het bevestig en het ons besluit om so gou as moontlik aan te beweeg. Ons het rondom middagete geland, maar die vroegste bus Huaraz toe waarop ons plek kon kry het eers die aand 21:30 vertrek. Dus moes ons ´n halwe dag verwyl in hierdie grou stad waar die son nooit skyn nie (letterlik).


Die verkeer in Lima is mal. Tussen die lughawe en busstasie het ons seker ´n half dosyn noue ontkominge gehad, elke keer het ons drywer maar net gelag, gesug: "Lima traffic" en getoet. Almal toet die heeltyd, maar dit is ´n Peru ding want ons het dieselfde gevind in Huaraz, die enigste verskil dat dit oorverdowend is in Lima aangesien hier duisende voertuie is.


Ons het bietjie rond gedwaal en toe ons onsself kon kry was ons op die Plaza de Armas tussen ´n skare mense met ietsie pers êrens, ´n rok, das, krale, strikkie ens. Tussen ons toerboek en ´n gesprek met ´n Spaanse Limaan (waarvan ons 1 uit 20 woorde verstaan het en elke 5 woorde geknik het) het ons geleer dat die verwagte optog een van verskeie "Our Lord of Miracles" feesvieringe gedurende Oktober is. Dit was duidelik dat al die perses iets te wagte was en omdat ons nog paar ure gehad het voor ons bus sou vertrek, het ons ook maar gewag. Na ons boude al deur gesit was op die sypaadjie het ´n koperblaasorkes aangekondig dat die aksie gaan begin. Teen ´n slakkepas ´n prosessie van kerklei ´n skildery van Christus in ´n dik goue raam om die plaza gedra vooruitgegaan deur vrouens wat wierook brand en treurige liedjies sing. Die skildery is die enigste item uit die Las Nazarenas kerk wat tydens ´n aardbewing in 1655 ongedeurd gebly het. Die Peruviane glo dat dit ´n wonderlik werk was en daarom word die optog jaarliks gehou. Dit is duidelik te siene op die draers se gepynigde gesigte dat die skildery byna ´n ton weeg. Dit is ´n baie emosionele toneel vir die toeskouers, baie is in trane.


Lima is a horrible city as many other travellers have warned us. What brightened the half day we had to spent here was a procession that is part of the "Our Lord of Mircales" festivities.


Die Christus skildery/The portrait of Christ




















Inca Kola is ´n Peruviane se trots, die slagspreuk op die advertensie sê: "the creativity identified to us", ironies genoeg word dit besit deur Coca Cola.
Inca Kola is the pride of Peruvians, the slogan below says: "the creativity identified to us", ironically it is owned by Coca Cola.



























Huaraz

Huaraz is die hoofdorp van die Cordilleras Blanca streek. Die dorp word omring deur die Andes. Ons het hierheen gekom om in die berge te stap en ons plan was om die bekende 4-dag Santa Cruz roete aan te pak. Ons het dit genoem aan ons hostel eienaar wat ons toe van ´n ander roete vertel het met baie minder toeriste, Jo´s trek, wat volgens hom baie mooier is en net ´n bietjie moeiliker. So het dit gekom dat Jo van Jo´s place ons oortuig het om Jo´s trek te gaan stap.

Die middag van ons aankoms het ons in die dorp gaan rond stap en is begroet met ´n kleurvolle dansende fiesta. Ons was baie beindruk met die jong mense se energieke passies teen ´n hoogte waar ons hyg as ons 5 trappe geklim het.

´n Ander ding wat opvallend was in Huaraz is dat hulle gedurig klappers skiet, elke dag van die week enige tyd van die dag of nag. Niemand met wie ons gesels het weet juis hoekom nie.
Huaraz omring deur die berg/Huaraz surrounded by the mountains
Siesta
Die kleurvolle fiesta/The colourful fiesta
Laguna 69
Om te help aklimatiseer voor ons 3 dag "trek" het ons eers ´n dagstap gedoen. Jo het die dagstap aanbeveel (ons toerboek het die keuse bevestig, daar word wel geen melding gemaak van Jo´s trek nie) . Die laaste kilometer of wat het ons harde klippe gekou en moes elke 20m stop om ordentlik asem te skep, want die lug is bitter dun. Op 4750m is ons beloon met ´n pragtige blou meer omring deur gletsers en sneeubedekte berge.
To acclimatise we first did a one day trek to the beautiful Laguna 69, before taking on the 3 day trek.
Jo´s trek
Gewapen met ´n kontoerkaart wat Jo vir ons gegee het en notas vir die roete, het ons ons sakke gepak en vertrek. Die roete behels basies dat jy op dag een in ´n vallei opstap en dag twee ´n pas (5100m) oorsteek om dag drie in ´n ander vallei terug te stap.
Die valleie is pragtig, daar is orals waterstrome en die berge toring bo jou uit. Die eerste dag het ons baie gemaklik gestap en het net die laaste kwart van die pad swaar begin kry toe ons begin styg het. Lekker moeg het ons tent opgeslaan langs ´n waterstroompie en het net betyds ingetrek voor dit begin reën het. Ek moet erken ek was nogal beindruk met die tentjie wat ek op E-bay gekoop het vir ´n "Tenner".
The route entails walking up one valley on day one, crossing the pass on day two to walk back down another valley on day three.
Day one was rather easy apart from the last bit when we started to rise. Tired we pitched our tent just in time to avoid the rain.
Ons het opgestaan in sonskyn en was baie opgewonde om die pas oor te steek. Alles het goed gegaan, weereens net kortasem. Na ´n uur en bietjie se klim het ons blertsies sneeu gekry en baie opgwonde foto´s geneem, min het ons geweet dat kort daarna ons in kniediep sneeu sou stap terwyl dit ook sommer begin sneeu, het want die bloue lug van die oggend het verdwyn. Soos dikwels die geval met hoë berge is die bo-kant bedek met los rotse, wat nie normaalweg ´n probleem is nie, maar wat ons stap moeilik gemaak het, was die dik sneeu wat keer dat jy kan sien waar klippe is en of dit los is. Wat die gedeelte verder ongemaklik gemaak het, is dat ons nie ordentlike stapskoene het nie, maar Solomon Aquarius skoene, wat basies tekkies gekruis met plakkies is: dus glad nie warm nie. Met die nuwe uitdagings was die min lug vergete. Ons het baie stadig gevorder, maar is bly om te kan sê ons het veilig bo gekom en weer veilig af in die ander vallei, want met die af-slag het die sneeu swaarder begin val, wat dit moeilik gemaak het om die pad te vind en dit was baie glad. Na ´n "river crossing" in die vallei het ons ´n lekker plekkie gevind en verlig na die dag se avonture ons tentjie opgeslaan. Ons het toe verstaan waarom daar min toeriste op die roete is, om die waarheid te sê ons het geen ander mens teëgekom in die 3 dae nie. Hierdie was een van daardie ervaringe wat verhouding bou, ons het dit gemaak!
The second day started off bright and sunny but soon we where knee deep in snow with our Solomon Aquarius sandals, struggling to see the boulders we had to cross to reach the top of the pass. We were greatful that in the end we crossed safely and could pitch our tent after a day packed with adventure.
Dag drie was selfs ´n mooier oggend as die vorige ten spyte daarvan dat ons tentjie gevries was, maar die keer het die mooi weer ons uit die vallei gesien. Dit was ´n rustige stap en teen 15:00 het ons The Way Inn Lodge bereik. Ons het onsself ´n bier daar belowe en na twee slukke besluit om daar te oornag. Dit is ´n pragtige plek, weggesteek in die berge, ideaal om net rustig te wees. Ons het die heerlikste ete van ons toer hier geniet en ´n baie interessante Deense paartjie ontmoet.
Day three was a beautiful day and stayed that way. It was an easy walk out of the valley and we spent the night at the Way Inn Lodge at the end of the trek.
Tydens ´n aardbewing in 1940 het ´n reuse gletser uit die berge los geskeur en in die meer aan die bo-punt van die vallei geval en die walle gebreek het. Dit het veroorsaak dat massas water en modder in die vallei afgespoel en Huaraz byna uitgewis het. Op die foto kan jy die gletser en die gat in die wal sien.
During an earthquake in 1940 a massive glacier broke from the mopuntain and fell into the lake at the top of the valley. This caused the walls of the lake to break and tons of mud and water rushed downed the valley and demolished most of Huaraz. On the photo below you can see the glacier and the hole in the wall.
Way Inn lodge
Die volgende dag was die plan om af te stap na ´n nabygeleë dorpie en daar ´n bussie te kry terug Huaraz toe, maar ons het dit so baie geniet om deur die dorpies en landbou aktiwiteite te drentel dat ons al die pad tot in Huaraz gestap het. Sondag was ons net rustig en bly om te kon kyk hoe die Bokke hulle weg oop speel na die finaal. Die aand het ons met ´n deurnag bus teruggekeer na Lima waarvandaan ons na Peurto Maldonado in die Amazone vlieg, van Deventers in die berge na Deventers in die bos.
The following day we walked back to Huaraz through villages and enjoyed watching the farming activities.
Die pad terug na Huaraz/The way back to Huaraz
´n Peruviaanse vrou, hulle kleredrag is soortgelyk aan die vrouens in Bolivia maar die hoede is anders.
A Peruvian woman, the dress is similar to the Bolivian women but the hats differ.
Coke stop

Thursday, 4 October 2007

Woestyn tot Soutpanne - Chile & Bolivia

San Pedro de Atacama

´n Oase in die woestyn wat sy voortbestaan te dankie het aan toerisme, want behalwe vir die pragtige dorre landskap is hier en groei hier niks nie. Steeds het die stofstrate en klei geboue baie karakter en voel dit soos ´n verlore wêreld as mens daar ronddwaal.

An oasis in the dessert existing solely for tourism as apart from the beautiful barren landscape there is nothing there. Still the dirt streets and clay buildings have a lot of charm and it feels like you are in a lost world when wandering the streets.
Die kerkie in San Pedro de Atacama / The church in San Pedro de Atacama

















Jeep Toer

Van San Pedro af het ons aangesluit by ´n Jeep toer deur die suide van Bolivia tot sover as die Uyuni soutpan, die grooste soutpan in die wêreld (10500 vierkant ´n km, sowat 10 biljoen ton sout).

San Pedro op 2400m is ´n uur se ry van die Bolivia grens op 4500m. Jou gestel kom in opstand om in so kort periode meer as 200m te styg, die res van die dag was ek olik, Gert se lyf het dit beter gevat maar steeds was hy nie 100% nie. Die eerste dag het ons die 450km na Uyunie in 9 ure afgelê met Roland, ons gids, aan die stuur. In die daaropvolgende 3 dae het die "scenic route" ons teruggeneem tot in San Pedro. Vir ´n dag lank het ons oor die soutpan gery, wit sover jy kan sien. Die laaste 2 dae het ons verby ongelooflike berge, mere (van verskeie kleure), volkane, geysers en baie niks gery. Sommige niks is mooier as ander niks. Elke nou en dan het ons op ´n dorpie afgekom wat op die oog af verlate was behalwe vir ´n verdwaalde Llama (korrekte uitspraak "Jama", ll=j in Spaans) of twee. Dit is ´n fotograaf se droom.

Saam in ons groep was vier Switserse meisies met wie ons goed bevriend geraak het, het blyplek vir ons volgende ski vakansie. Die hoogte het gewissel tussen 3500m en 5050m, die hoogste wat enige van ons al ooit was. Lede van ons geselskap het om die beurt siek geraak (behalwe Gert), gelukkig was my beurt na dag een verby. Die plaaslike raad vir hoogtesiekte is Coca blare, na ´n dag van siek wees heet een van die Switserse meisies haar tot ´n aftreksel van die blare gewend. Weet nie hoe sy dit in haar lyf gekry het nie want die reuk het my byna van voor af siek gemaak.

Hier is ´n paar van die 400 foto´s wat ons geneem het.

From San Pedro we joined a Jeep tour for 4 days driving through the south of Bolivia as far as the Uyuni salt flats. As die route took us as high as 5050m we experienced some altitude sickness, still it was worthwhile as the scenery was breathtaking. In our group were four Swiss girls that we befriended, have a place to stay for our next ski trip.
Here are some of the 400 pictures we took.

Op die Uyuni soutpan / The Uyuni salt flats































Laguna Blanco
















Laguna Colorado, die pienk is alge/the pink is algae















Geysers


















Kerkie in een van die dorpies waar ons aangedoen het

A church in one of the villages we visited

















Boliviaanse vrouens op die Uyuni mark

Bolivian women on the market in Uyuni.
















Llamas


Thursday, 27 September 2007

Kuslangs - Chile

Wanneer jy die grens tussen Argentinië en Chile oorsteek merk mens dadelik op dat die land in Chile meer benut word itv landbou, ook Chè Guevara het dit in sy reisnota´s , Motorcycle Diaries, waargeneem.

Ons eerste besoekpunt in Chile was Puerto Natales wat redelik ver suid lê. Gelukkig het ons net paar ure hier spandeer voor ons aanboord die Navimag gegaan het. Puerto Natales is ´n redelike treurige dorpie. Soos oral in die suide van Chile word al die huis van houtplanke en sink gebou, maar hier is meeste maar lendelam.

Die Navigmag is eintlik ´n groot vragskip wat ekstra munt slaan deur ´n paar toeriste te karwei. Dit is nie baie luuks nie, maar die boot is skoon en netjies en die drie etes per dag wat ons gekry het was baie lekker. Die meeste van ons mede-reisigers was soos ons jong mense wat deur Suid-Amerika swerf. Ons het lekker gekuier met twee Kaaskoppe en ´n meisie van Luxembourg. Die enigste Amerikaner het hom ook by ons aangesluit om op te kom vir Amerika wanneer die res van ons hulle blameer vir baie van die ellendes in Suid-Amerika. Ons het gevind die Europese jong mense wat hier rondswerf baie bewus is van die uitbuiting van derde wêreld lande en skaam is oor hul koloniale verlede. Ek (Marna) en die meisies het een aand gesels en beide het gesê hulle sal nooit ´n diamant ring dra nie, omdat mens nie met sekerheid kan weet of dit ´n bloeddiamant is of nie. Ek het geswyg op die onderwerp en was stilweg verlig dat ek my trouring in Lize se sorg gelaat het in die VK en net ´n plein silwer pand gedra het.

We crossed the border from Argentina to Chile to go aboard the Navimag. The Navimag is a cargo ship that makes a little extra from taking tourists from Puerto Natales 1500km further north to Puerto Montt. The latter is a lovely port with some great seafood. We also visited the Chileo Island, Chile´s 2nd biggest island, from there.


Ons het met die Navimag van Puerto Natales tot by Puerto Montt, 1500km Noord, gevaar in 3 dae. Die boot het deur die fjords aan die Chiliaanse kus gevleg en ons was net een dag op die oop see. Die fjords en omgewing is pragtig.


Die fjords




































Seeman Gert















Navimag in die Puerto Montt hawe



















Ons het net ´n oggend in Puerto Montt deurgebring, dit is ´n baie mooi hawe dorpie. Ons het heerlike seekos daar geëet onder andere ´n hoop oesters.



















Ons het die middag met die ferrie Chileo toe gegaan, Chile se 2´e grootste eiland. Dit is ´n interessant eiland met baie legendes.
Die Chileo kus waarvandaan die vissers uitgaan.

















Die volgende dag het ons na Pucon vertrek om die Villarrica volkaan te gaan klim. Villarrica is Chile se mees aktiewe volkaan. Ons het in redelike digte mis begin stap, maar soos ons gestyg het, het ons deur die mis gebreek en voor ons het die sneeu bedekte volkaan gelê. Die hele pad het ons deur sneeu gestap gewapen met yspikke en sneeupakke, dit is nogal harde werk. Na ´n styl finale 300m het ons die bo-kant bereik en voor ons ´n reuse gat wat die mees onaardige geluide maak, rook wolke uitblaas en stukke rots en lawa uitspoeg. ´n Mens kry ´n kriewelrige gevoel in jou maag daar bo, maar wat ´n indrukwekkende ervaring. Kan jouself indink dat die duiwel daar bly. Alhoewel dit ons 5 ure geneem het om op te gaan is ons af in net 1.5 ure. 50% van die pad gly jy op jou boude af, dit is soos ´n glyplank wat nooit ophou nie, groot pret! (Sien video onder)
From Puerto Montt we went to Pucon to climb the Villaricca volcano, Chile´s most active volcano. After struggling through the snow with ice axes and snow suites we reached the summit. Meeting us here was an enormous hole from which came unearthly sounds and smoke Pieces of rock was thrown into the air from the pool of lava below, it is imaginable that the devil lives down there. The decent took us only 1.5 hours as we slided down 50% of the way, this was great fun!
.
















































Met die dat ons die roete suid aangepas het, is ons ´n week voor skedule. Op aanbeveling van ons mede Navimag-vaarders het ons plan gemaak om na die soutpanne in Bolivia toe te gaan op ´n Jeep toer van San Pedro te Atacama, Chile, af. Dit was nie deel van ons oorspronklike plan nie, maar ons is bly dat ons dit ook kan bywerk

As we had to change our route south we were a week ahead of schedule. On recommendation of friends we met aboard the Navimag, we arranged to go to the salt flats in Bolvia, we are really looking foward to this.


Thursday, 20 September 2007

Die lang pad Suid - Argentinië

Ons was gedwing om ons oorsprongklike toerplan te wysig omdat van die roetes onbegaanbaar was weens swaar sneeu en reën. Dit het tot gevolg gehad dat ons twee dae op busse spandeer het en die heelpad lyk die omgewing soos die Karoo net met bietjie minder lewe. Om die suide van Pategonië te bereik, moes ons al die pad tot aan die weskus van Argentinië ry, toe eers kon ons suid vorder, daarna weer noord-oos om El Calafate te bereik. Dit is ´n wye draai en in Argentinië (8e grooste land in die wêreld) kry wyd nuwe betekenis, maar dit wat ons hier Suid (soos Tanne Hetta sal sê, stel haar binnekort voor) gesien het is ongelooflik en was elke minuut op die bus werd.

Due to snow and rain a lot of the main routes south were closed and we had to ammend our original plan. The effect of this was that we had to take a two and a half day bus trip via the West coast down to El Calafate.

Ons het busritte het so uitgewerk dat ons agt ure in Comodoro Rivadavia aan die weskus moes oorstaan. Dit is nie ´n mooi stad nie, amper soos ´n Beaufort-wes langs die see en ook nie ´n mooi see nie, swart klippies strande ens.

Wat wel die agt ure opgekikker het was die heerlike vleis wat ons by die supermark se kafeteria geëet het, dit het al die Parilla´s wat ons tot dusver by restaurante geëet het uitgestof, en ons kuier by Tannie Hetta.

Na die Boere oorlog het verskeie boer gesinne die Engelse juk ontduik deur in Argentinië te kom boer waar hulle plase aangebied is in hierdie karoo-agtige landskap waardeur ons uur-na-uur gery het.

Gert het verlede jaar met die Rio Negro kanowedvaart een van die oorspronklike immigrante se kleindogters ontmoet. Ons het haar gekontak en sy het laat weet dat ons haar suster (Tannie Hetta) moet gaan opsoek in Comodoro. Ons het so gemaak. Ons is met ´n kus ontvang en is bederf met tee en ´n berg koekies. Tannei Hetta praat nog vlot Afrikaans met nou en dan ´n "ou" woord soos: "alger het gehelp". Sy bak melktert en gaan NG kerk toe. Haar kinders en kleinkinders kan nie Afrikaans praat nie, want haar oorlede man was Spaans, nietemin doen haar kleinkinders volkspele met die rokke, kappies, onderbaadjies en als. Die Afrikaanse gemeenskap en hulle gesinne in Comodoro is baie aktief ten spyte daarvan dat meeste gades en kinders Spaans praat. Hulle reël gereeld byeenkomste, dit is dan wanneer die kleinkinders volkspele doen en daar groot gebraai word, nie dat dit vreemd is vir die Argentyne wat parilla ken nie. Tannie Hetta weet nie hoe lank die NG kerk in Comodoro nog gaan bestaan nie, glo stry die lede baie, defnitief ons bloed.

Nadat ons ´n weg deur die koekies geëet het, het Tannie Hetta se seun, Tony, ons kom oplaai om ons die dorp te gaan wys. Eers het hulle met Comodoro se strandhuise gespog (nie heeltemal Kampsbaai nie), waarna ons by Oom Blackie se bakkery aangery het.

Oom Blackie (68) is al 10 jaar ´n bakker. Voor dit het hy bietjie geboer, trokke bestuur, klas gegee en so tussendeur reël hy toer na Suid-Afrika. Sy bakkery verkoop melktert en koeksusters, maar sy hoof produk is "toebroodjie-brood". Dit is 14kg brode wat ongeveer 80cm lank en 30x30cm hoog/breed is. Dit vat byna ´n dag om die brode te bak van begin tot einde. Nadat dit vir twee dae gestaan het om af te koel word al die korsies afgesny (dit word vir die varkies (sic) gevoer). Dit word dan opgesny en in pakkies gemaak wat aan toebroodjiefabrieke versprei word so ver as El Bolson, sowat nege ure van Comodoro af.
Nadat ons sy lemoenbroodjies geproe het was ons na sy huis toe sodat Gert hom kon vertel waarom die "proteas" wat hy van saad gekweek het nie blom nie. Sy huis is vol Africana, klein ossewa, Springbokvel, KWV 10 jaar, een van daai verbleikte vadoeke met die proteas en Uniegebou op.
Dit was heerlik om die mense te ontmoet, hulle gasvryheid was oorweldigend. Al praat hulle Afrikaans en doen volkspele, is hulle trotse Argentyne wat beweer dat die Pumas die Bokke gaan ore aansit in die wêreldbeker.
Gert saam met Tannie Hetta en Oom Blackie by sy brode.
Gert met een van Oom Blackie se Toebroodjie-brode
Na nog ´n nag en halwe dag op die bus het ons uiteindelik El Calafate bereik. Hier het ons ´n motor gehuur en deur gery El Chalten toe. El Chalten is aan die voet van die Andes geleë en bestaan uitsluitelik vir toerisme. Daar is pragtige staproetes en dit is ook van hier af wat ervare bergklimmers die bekende piek, Fitz Roy, klim. Ons het twee nagte hier geby en die voldag wat ons daar was seker 30km gestap. Daar is nie veel fauna nie, net so nou en dan ´n lomp haas, ´n redelike verskeidenheid voëls en llamas. Die berge en omgewing is egter pragtig, foto´s verder is beter as woorde.
At El Calafate we rented a car and drove to El Chalten, a small touristy town at the foot of the Andes. This town serves as a base for all expiditions to the famous peak, Fitz Roy. This is a hiker´s paradise and we walked about 30km on various routes the day we spent there. The area is breathtaking.
Fitz Roy
Daarna is ons terug El Calafate toe. Hier het ons die bekende gletser Perito Moreno besoek, wat ´n gesig! Die gletser is 30km lank, 5km breed en 180m hoog, nie naastenby die grootste in die omgewing nie, maar die mees toeganklike. Gletsers is nooit stil nie, dit kraak altyd iewers en met wat klink soos donderweer val daar van tyd tot tyd stukke ys af in die meer. Ons het die eerste dag sewe ure gesit en kyk na die gletser, en gewag dat stukke ys afskeur. Ons is paar keer beloon vir ons wag, dit is ´n indrukwekkende ervaring, sien die foto´s hieronder. Nooit gedink om te kyk hoe ys smelt kan so opwindend wees nie.
In El Calafate we visited the Perito Moreno glacier. This is a spectacular site. The glacier is never silent. You can always here something breaking, or ice splitting in the background. When a piece of ice breaks away and falls into the lake, it sounds like thunder. We spend 7 hours watching the glacier, waiting for a piece to break off. Never thought watching ice melt would be so exciting. See the pictures below.
Die volgende dag het ons saam met ´n toergroep op die gletser gaan stap. Die enigste kleur wat gletsers weerskaats is blou weens die prisma-effek. Dit is ´n pragtige kristalblou en kan gesien word in die ou ys wat diep in die gletser vasgevang is. Na afloop van ons ysstap is ons Whisky on Ice aangebied, geen tekort aan ys nie.
The next day we went for a walk on the glacier with a tour operater. The ice reflects only the colour blue from the spectrum and produces an amazing crystal colour. We were treated to some whiskey on ice after the walk. No shortage of ice around.
Wil verder noem dat die hostelle in Argentinië waar ons gebly het ons baie beindruk het. Dit was elke keer baie netjies en bekostigbaar, ´n plesier om daar te bly.

Nou is oppad Chile toe, nog ´n bus en die keer grondpad.