Friday, 9 November 2007

La Paz - Bolivia

La Paz

Van Copacabana het ons vertrek na La Paz, die hoofstad van Bolivia, ook die hoogste hoofstad in die wêreld (3636m). Die stad is gebou in ´n vallei en word omring deur berge. Alhoewel die hoogte ons nie meer siek laat voel het nie, was ons lekker uitasem elke keer as ons paar trappe geklim het met die min suurstof.

From Copacabana we went to La Paz, the capital of Bolivia, also the highest capital in the world (3636m). The city is built in a canyon and surrounded by mountains. Although we did not get altitude sickness anymore, we were still out of breath whenever climbing steps.



















" The World´s most dangerous road" (WMDR)

Die wêreld se gevaarlikste pad was lank die tussen La Paz en Choroico, sowat 150 mense het per jaar op die roete gesterf. ´n Paar jaar gelede is ´n nuwe pad gebou wat die syfer dramaties laat afneem het, die pad wat nou die meeste lewens eis is iewers in China. Die pad val sowat 3000m in hoogte oor 64km. Ons het besluit om die ou WMDR met fietse te gaan ry saam met ´n agentskap. Om eerlik te wees, dit mag die gevaarlikste pad wees om te ry met ´n motor, maar niks angswekkend met ´n fiets nie. Ons is al veel erger "single tracks" af in die Kaapse berge. Nogtans is die omgewing pragtig en is dit groot pret om 3000m af te jaag op ´n fiets.
























Na ons ´n bussie teruggeneem het La Paz toe langs die nuwe pad, is ons van opinie dat die twyfelagtige eer van die wêreld se gevaarlikste pad gou terug sal keer na die omgewing. Massiewe grondverskuiwings is oral langs/oor die nuwe pad te siene en dit is net ´n kwessie van tyd voor dinge skeef gaan loop. (Verseker ´n goeie PhD opsie vir ´n siviele ingenieur.)

The world´s most dangerous road used to be the road between La Paz and Choroico. However a new road has been built and the "honour" now befalls another road in China. We decided to bike the old road. Although it might be dangerous for a car it is not really frightening on a bike. Still the scenery is beautiful and we enjoyed the 3000m vertical drop over 64km.




















Choroico

Ons het besluit om die aand agter te bly in Choroico, wat ´n heerlike tropiese klimaat en baie suurstof het. Het die volgende oggend in die koppe gaan rond stap voor ons teruggekeer het La Paz toe. Daar het ons op die pragtigste vlinders afgekom asook verskeie Coca plantasies (wettig in Bolivia).

We decided to spent the night in Choroico to enjoy the tropical climate and abundant oxygen. Went for a hike in die mountains where we saw beautiful butterflies and some Coca plantations (legal in Bolivia).


Coca plantasies /plantations.


























Lago Titikaka (2) - Bolivia

Copacabana
Sodra jy die Peru-Bolivia grens oorsteek is die kultuur en ekonomiese verskille duidelik sigbaar. Bolivia is selfs goedkoper as Peru. Vir 10 Bolivianos elk, sowat R9 of 70p, het ons ´n driegang maaltyd geniet, bestaande uit: sop, forel en jelly. Ons het twee nagte in Copacabana aan die Bolivia kus van Lago Tititkaka gebly.
Op die dorpsplein is ´n reuse wit katedraal waar mense op Sondae hulle voertuie laat seën. Dit sluit trokke, taxi´s, bakkies, karre, basies enige iets wat kan ry in. Die voertuig word versier met blomme, linte en tinsel, wat ook daar gekoop kan word. ´n Kas bier of vonkelwyn word nader gesleep. Die meerderheid word op die voertuig uitgegiet, ´n slukkie word geneem deur die eienaar en nabye familie wat die seremonie bywoon en dan ´n vrygewige sopie uitgegooi op die grond vir Pacha Mamma (Moederaarde). Hierdie is een van vele voorbeelde waar die Katolieke godsdiens met die plaaslike gelowe vermeng word.
Copacabana is a town on the Bolivian coast of Lake Titicaca. Bolivia is even cheaper than Peru, we enjoyed a three course meal for 10 Bolivianos each, about R9 or 70p. Every Sunday vehicles are brought from far and wide to be blessed in front of the white cathedral on the town square. The vehicles are adorned with flowers, ribbons and tinsel for the occasion.
Versiersel te koop vir die seën van voertuie.
Stalls to buy decoration for the blessing ceremony.
´n Voertuig uitgevat vir die seremonie.
A vehicle decorated for the ceremony.
In Copacabana, popcorn is BIG
Copacabana kus / Coast
Isla de Sol
Isla de Sol is twee ure per boot van Copacabana af. Volgens Inka mitologie is die eiland die plek waar hulle voorvaders uit die meer verreis het en daarom is dit steeds heilige grond vir die Inkas.
Two hours per boat from Copacabana you´ll find Isla de Sol. According to Inca mythology this island is where their forefathers rose from the lake and is therefore still holy ground to the Incas.
Isla de Sol


Inka ruïnes op Isla de Sol
Inca ruins on Isla de Sol

Thursday, 8 November 2007

Lago Titikaka (1) - Peru

Puno

Puno is ´n redelike groot dorp aan die kus van Lago Titikaka (Titi = steen & Kaka = Puma), die hoogste bevaarbare meer in die wêreld. Daar is baie mites en legendes oor die meer onder andere dat die Inka voorvaders uit die meer verreis het. In die 1940´s het Jacques Cousteau met ´n duikboot die bodem van die meer verken en ´n tempel daar gevind, dit kan of die eertydse woning van die Inka voorvaders wees, terwyl ander meen dat dit die verlore stad van Atlantis is. Daar is heelwat eilande op die meer waar mense steeds woon wat ons besoek het.
Puno is a rather large town on the coast of Lake Titicaca (Titi = Stone & Caca = Puma), the highest navigable lake in the world.

Los Uros

Dit is die sogenaamde drywende eilande. Daar is ongeveer 40 van hierdie mensgemaakte eilande. Die eiland self, die huise met al die meubels daarin en ook hulle bote word alles van riete gemaak. Verder eet hulle dieselfde riete en maak vuur daarmee. Die Urosse het destyds gevlug van die Inkas en ´n heenkome gevind op hierdie eilande. Hulle eet buiten die riete darem ook vis en slaan deesdae goeie munt uit toerisme. Elke eiland huisves 3-4 gesinne, die oudste man is hoof van die eiland en as daar stry kom, gaan haal hulle bloot ´n groot saag en verdeel die eiland. As daar later versoening tussen die partye sou kom, word die eilande weer aanmekaar geheg.
These are man made islands that are constructed entirely of reeds, the inhabitants even eat the reeds and use it as fuel for cooking. There are around 40 of these floating islands on Lake Titicaca.
















































Amantani

Dit is ´n regte eiland so drie ure per boot van Puno af. Die mense hier bly in die grootste eenvoud. Die hoof aktiwiteit is landbou, maar hulle verbou meestal net genoeg vir eie gebruik en om te verruil vir ander noodsaaklikhede. Ons het by Ricardina en haar familie tuis gegaan. Sy het vir ons heerlike kos (80% papas = aartappels) gemaak op haar kleistofie. Ons het sleg gevoel om haar enigste messegoed en breekware te gebruik, terwyl sy en haar ouers op die vloer sit en met hulle hande eet. Ons het besef dat mens so min nodig het in die lewe, as ek net dink hoeveel borde en messegoed ons het. Die probleem is om terug te keer na die eenvoud as jy eers gewoond is aan meer.
This is a real island three hours per boat from Puno. The people live very simple lives and we were fortunate to share a home with a local, Ricardina, and her family.
Ricardina
Ricardina se huis / Ricardina´s house





Etenstafel / Dinner table
Ricardina se "nietos" (kleinkinders)
Ricardina´s "nietos" (grandchildren)





Uitsig vanaf hoogste punt op Amantani waar Pacha Pappa aanbid word.
View from the highest point on Amantani where Pacha Pappa is worshipped.


Landbou op Amantani / Agriculture on Amanatani

Ons met tradisionele Amantani uitrustings / Dressed in traditional Amantani clothes








Tequile

Dit is nog ´n eiland net ´n klipgooi van Amatani af. Die inwoners het interessant wette en gebruike. Byvoorbeeld wanneer ´n man in ´n meisie belang sou stel, sal hy haar met klippies gooi, na ´n tyd sal hulle begin gesels en as hulle van mekaar hou trek die meisie by die man se ouers in. As hulle binne 5 jaar twee kinders het mag hulle trou, indien nie en hulle wil saam wees moet hulle die eiland verlaat. Andersins word die verhouding verbreek en probeer hulle iemand anders. As hulle wel trou, hou die bruilof 7 dae lank aan, die bruid en bruidegom mag egter nie deelneem aan die feestlikhede nie, hulle mag nie dans, eet of selfs lag nie. Die huwelik is immers ´n ernstige saak. Op Tequile hou die inwoners by die drie hoof Inkawette:
  • Jy mag nie steel nie

  • Jy mag nie jok nie
  • Jy mag nie lui wees nie
Om hierdie rede kom werkgewers van so ver as Lima hierheen om werkers te werf.
Tequile is another island a few kilometres from Amantani. The people are very hardworking and the three main Inca laws still apply on this island:
  • Thou shall not steal
  • Thou shall not lie
  • Thou shall not be lazy
Tequile
















Inwoners van Tequile is nie lui nie
Residents of Tequile are not lazy
Weefkuns word deur vrouens beoefen terwyl die mans brei.
Women weave while the men knit.
Uitsig van Tequile / View from Tequile


Wednesday, 24 October 2007

Cusco & Machu Picchu - Peru

Cusco

Dit is die toeriste mekka van Peru, maar ten spyte van die toeriste is dit ´n baie "charming" dorp. Cusco was die hoofstad van die Inka ryk voor die Spanjaarde dit ingeneem het. Daar is baie Inka ruïnes in en om die stad wat getuig van ´n ryk Inka geskiendenis.

Ons het eendag saam met ´n agentskap van Cusco af gaan "raft". Die stroomversnellings was nou nie die van die Zambezi nie, maar dit was ´n lekker uitstappie, net ongelooflik koud. Het nie foto´s hiervan nie.

Cusco is the tourist mecca of Peru, it was the capital of the Inca empire before Spanish conquest. There are numerous Inca ruines around the city portraying the rich Inca heritage.


Meeste Inka geboue is vernietig deur die Spanjaarde, maar sommige plekke het die Spanjaarde bo-op die ou Inka mure gebou.
Most Inca buildings were destroyed by the Spanish, however some places the Spanish built on the old Inca walls.


















Cusco strate kan jou nogal uit asem laat teen 3400m.
Cusco streets leaves you breathless at 3400m.























Peruviaan met haar Llamas
Peruvian with her Llamas



















Hier gebruik mense nie lemmetjies draad om hulle eiendom te beveilig nie, maar kaktusse word op die muur geplant.

Barbwire is not used to protect one´s propery, they rather plant cactus on the walls.



















Ollantaytambo

Omdat dit baie duur is om direk van Cusco met die trein Aguas Calientes (waarvandaan jy Machu Picchu besoek) toe te ry, het ons met ´n bus na Ollantaytambo gery waar ons ´n goedkoper trein kon kry. Ons het paar ure daar deurgebring en die Inka ruïnes in die omgewing besoek. Ons het ons verwonder aan die reuse granietblokke wat die Inkas uitgekap het en besef Machu Picchu gaan iets besonders wees.

As the direct train from Cusco to Aguas Calientes (from where Machu Picchu is reached) is very expensive, we took a bus to Ollantaytambo and a cheaper train from there. We had a few hours there and went to the local Inca ruines. We were amazed by the huge granite blocks used by the Incas.

Wie weet hoe die Inka´s hierdie granietblokke beweeg het, daar is sommiges wat meen dat hulle die krag van "levitation" gebruik het.

Who knows how the Incas moved these blocks of granite, some say it was by using the power of levitation.














































Spasies word in die mure ingebou vir stoorplek.
Spaces were built in the walls for storage.
























Machu Picchu

Ons het 04:00 in Aguas Calientes begin stap aan die 3.5km na die argeologiese perseel. Meeste van die pad is trappies, saam met die klim van Wayna Picchu en die pad terug het ons uitgewerk moes ons ongeveer 7000 trappe geklim het die dag.
Machu Picchu is gebou op ´n plato tussen twee groot pieke en omring deur valleie, dus baie moeilik om te bereik. Dit is die rede dat die stad eers in 1911 deur westerse argeoloë ontdek is, let wel daar het drie plaaslike families gebly toe dit "ontdek" was. Behalwe dat die ligging baie strategies is, is dit ook in ´n posisie naby aan hulle gode, die son en die maan. Daar is verskeie tekens dat die inwoners die stad verlaat het voor dat dit voltooi was, daar is twee teorieë hieroor. Sommiges meen ´n epidemie het onder die inwoners uitgebreek, terwyl ander vermoed dat die nuus van die Spanjaarde wat besig was om die Inka ryk uit te roei hulle bereik het en hulle die Amazone ingevlug het.

Die Inka bouvernuf is prysenswaardig, dit is ongelooflik met watter presisie hulle stene uitgekap en gepak het, geen sement is gebruik nie. Dit moes ongelooflike harde werk gewees het om die stad te bou. Ons vertel verder aan die hand van foto´s.

We started the climb to Machu Picchu from Aguas Calientes at 04:00, most of the way is steps. Together with climbing Wayna Picchu we calculated that we climbed about 7000 steps on the day.

Machu Picchu is located very strategicaly on a plateau surrounded by mountains and valleys, this the reason for it only being discovered in 1911, keep in mind there were three local families that lived there at the time it was "discovered".

The Inca craftmanship is astounding, it is amazing to see with what precision rocks were shaped and stacked (no cement used). See photo´s below.


Die alombekende poskaart uitsig oor Machu Picchu (Ou berg) met Wayna Pichu (Jong Berg) in die agtergrond. Op die 2e foto kan jy mooi die regaf kranse sien wat Machu Picchu omring.


The well-known postcard view of Machu Picchu (Old Mountain) with Wayna Picchu (Young Mountain) in the background. The high cliffs surrounding Machu Picchu are well displayed on the second photo.
































Ons bo-op Wayna Picchu
On top of Wayna Picchu.

















Die trappies na Wayna Picchu. Die Inkas het nie hoogtevrees geken nie.

The steps up to Wayna Picchu. The Incas did not know the fear of hights.




Daar is soveel hoekies, draaitjies en venstertjies, enige fotograaf se droom. Hier is paar van ons "snappies".

There are so many nooks and crannies, any photographers dream, here are some of our "snappies".






















































Die uitsig op Machu Picchu van Wayna Picchu af, let op na die ligging dit sou byna onmoontlik gewees het om die stad in te neem.
The view on Machu Picchu from Wayna Picchu, note the setting it would be almost impossible to invade the city.

















Pisac

Ons het ook die ruïnes naby Pisac gaan besoek. Dit is ´n minder bekende perseel as Machu Picchu, maar ook baie interessant. Hier moes hulle baie intensief geboer het as jy kyk na die rye en rye terasse.

We also visited the ruines near Pisac. This site is less known than Machu Picchu, but also very interesting. Here they must have farmed intensively as there are rows and rows of terraces.




















Amazone - Peru

Ons het 4 dae en 3 nagte in die Refugio Amazonas Lodge gebly, twee en 'n half ure per boot van Puerto Maldonado af. Dit was lekker om die eerste keer sedert Brazil ordentlik warm te kry.

Refugio Amazonas is 'n pragtige lodge, by verre die mees luukse verblyf wat ons tot dusver gehad het. Die kamers het net drie mure en ipv deure is net linne gordyne voor die ingang gehang. Dus voel mens die bos is altyd naby. Behalwe vir die akkomodasie was die kos ongelooflik!

We spent 4 days and 3 nights in a beautiful lodge in the Amazon, the most luxurious accomodation we had so far on our trip, eventhough the rooms only had 3 walls.

Ons kamer/ Our room




















"Chilling"






















Die plantegroei is alles en meer wat mens verwag. Kort-kort loop jy plante raak wat in Suid Afrikaanse tuine groei, want baie van ons tuinplante is van Suid-Amerika ingevoer, hier in die Amazone is alles net baie groter en groei meer welig.


Gert by ´n Wurgvy / Gert with a Strangler Fig


















Ook die voëllewe is nimmereindig en hul vere van alle kleure. Ons het pragtige voëls gesien, onder andere ´n paar soorte Macaws (die groot seerower pappegaaie). Dit is ´n belewenis om hulle te sien in die vrye natuur, veral in vlug. Ons weet nie wat mense besiel het om die voëls in koutjies op te sluit nie. Weens die ruig plantegroei het ons nie veel dierelewe gesien nie, wel ´n paar soorte apies en ook Capibaras, die grootste knaagdier in die wêreld.

The bird life is spectacular. It is an experience to see the big Macaws in full flight in their natural habitat. Due to the dense vegetation, we saw very few mammels, only a few species of apes and the Capibara, the biggest rodent on earth.

Macaw mbv verkyker / Macaw through binoculars























In die area waar ons was groei daar baie Brazilneutbome. Brazilneute of Castanas (Spaans) word nie verbou nie, aangesien mense nie die bome aan die groei kan kry nie. Alle Brazilneute word in die natuur opgetel. Dit groei nie aan die bome in die doppe wat mens ken nie. Die bome dra groot "coco´s", amper soos klapperneute sonder die hare. As dit oopgekap word is daar ongeveer 20 Brazilneute soos ons dit ken in. Die brazilneute is heerlik vars, ons het bitter baie daarvan geëet.

Around the lodge are a lot of Brazil nut trees. They cannot be cultivated and all the trees occur naturally in the forest.


Brazilneut coca´s / Brazil nut cocas






















Wat my altyd sal bybly is die geluide en reuke van die Amazone, dit is nooit stil nie, maar ook raas dit nooit nie.

Die Bosvloer / The forest floor

























Die bosdak / The forest canopy.






















Hier het ons Piranhas probeer vang, net die gids het een gekry.

Here we tried to catch some Piranhas, only the guide succeeded.





















Piranhas is heelwat kleiner as wat ek gedink het, een sal jou darem nie kan dood maak nie, maar jy het probleme as ´n skool op jou afkom.

Piranhas are much smaller than I anticipated, one won´t kill you, but beware if a school finds you.






















Gert in aksie saam met die "locals", hier in die bos is die mense ook sokkermal.

Gert in action with the locals, even in the forest the people are crazy about soccer.