Wednesday, 5 December 2007

Hoi An tot Hue - Viëtnam

Met ons eerste busrit het ons gou geleer dat Viëtnam nie die beste paaie of bestuurders het nie. Na 'n lang nag op die bus het ons in Hoi An aangkom.
During our first bus ride in Vietnam we realised that the roads and the drivers are not the best. After a long night on the bus, we arrived in Hoi An.

Hoi An
Hoi An is bekend vir hulle snyerswerk. Vir 'n paar duisend Dong ( R1 = VND 2000 dws GBP 1 = VND 32 000) maak hulle vir jou 'n pak klere in twee ure. Omdat ons spasie beperk is, kon ons nie van die dienste gebruik maak nie, maar omdat ek al so moeg is vir broeke, het ek wel twee rompies en twee rokke aangeskaf, Gert het 'n paar sydasse gekry vir wanneer ons terugkeer na die werkersklas. Die wind het verskriklik gewaai terwyl ons daar was en ons kon nie die mooi strand geniet nie, ons het darem 'n lekker plekkie opgespoor waar ons "cocktails" kon geniet. Die kos in Hoi An is baie lekker en goedkoop.

Hoi An is known for it's tailoring. For a couple of thousand Dong ( R1 = VND 2000 , GBP 1 = VND 32 000) you can get a suit tailored in 2 hours. As it was really windy, we could not enjoy the beach, but managed to get good cocktails on the way.

Visserskepe in Hoi An hawe / Fishing boats in Hoi An harbour














Tonele van Hoi An mark / Scenes of Hoi An marketplace
Nuutgespinde sy / Newly spun silk
Japanese brug / Japanese bridge
Uitstekende kos in Hoi An / The food was brilliant in Hoi An
Ontspan met 'cocktails' / Relax with cocktails
Die Viëtnamese sit nie soos ons op hulle boude nie, hulle hurk. Selfs op 'n stoel sit hulle soms so op hulle hurke, weet nie hoe hulle bene dit hou nie.
The Vietnamese do not sit on there bums, they squat. Even on a chair they sit like this, do not know how there legs survives this.
Ons het 'n taxi van Hoi An geneem Danang toe en van daar af die trein tot in Hue. Hierdie treinrit word gereken as van die mooistes in die wêreld. Dit was wel 'n baie mooi rit al met die kus langs, maar ons entoesiasme was effens gedemp deur die kakafonie van Viëtnamese klanke: mense wat op mekaar skreeu (gesels?), kinders wat gil en die plaaslike "opera" op die TV. 'n Ekstra halmpie strooi op die kameel se rug was dat die trein 5 ure aan die sowat 100km gery het.
We took a taxi from Hoi An to Danang to catch a train from there to Hue, supposedly one of the most scenic train rides in the world. The scenery was beautiful, but the sounds that accompanied the ride, locals yelling (talking?) at each other, kids shouting and the local "opera" on the TV, all contributed to the cross cultural experience.

Hue

Voor die 1956 Geneva verdrag wat Viëtnam in Noord (Kommunisties) en Suid (Kapitalisties) verdeel het, gesluit is was Hue die hoofstad van Viëtnam. Dit is ongeveer 100km suid van die 17de parrallel geleë, wat die land in twee verdeel het. Die meerderheid van die konvensionele kontak tydens die Viëtnam oorlog het in hierdie omgewing plaasgevind. Hierdie area staan bekend as die DMZ: Demilitarised Zone. Vanaf Hue het ons op 'n DMZ toer gegaan. Ons het verwag om baie ou artillerie ens. te sien rondstaan, maar behalwe vir 'n ou tenk en 'n helikopter by die Khe Sahn (belangrike VSA basis) museum, het ons niks gesien nie. Die gids het ons vertel dat die vuisvoos Viëtnamese so gou as moontlik alle sigbare tekens van die oorlog verwyder het. Wat wel jare na die oorlog nog 'n probleem was en steeds is, is die verskeie landmyne en ander bomme wat agtergebly het. Laasgenoemde is soms gesien as onskadelike voorwerpe en was gebruik as sokkerballe, met tragiese gevolge. Daar word gereken dat ongeveer 7,000 mense per jaar kort na die oorlog gesterf het, as gevolg hiervan. Selfs vandag nog is daar ongeveer 10 insidente per maand. Ander blywende skade wat nooit herstel kan word nie, is dit wat deur Agent Orange aangerig is. Agent Orange is 'n chemikalië wat deur die VSA gebruik is om dig bebosde dele te ontbos sodat die vyand nie onder die blare kon skuil en beweeg nie. Vandag groei daar niks meer as bossies en gras hier nie. Die mense se gesondheid is ook deur die middels geaffekteer.

From Hue we took a tour of the Demilitarised Zone (DMZ). We expected to see a lot of old artillary and tanks, but according to the guide, the locals were so fed up with the war that they removed all traces of the war as soon as it ended. What did remain though, was thousands of unexploded bombs and mines. These were sometimes seen as toys with fatal consequenses. Initially these objects caused around 7000 accidents per year. These days the figure is still an allarming 10 victims per month. Other more permanent damage was that caused by Agent Orange, sprayed by the Us as a defoilant. Where this mixture of chemicals were sprayed on the countryside, nothing more than a few schrubs will grow. It also causes sickness among the locals.
Die hoogtepunt van die DMZ toer was die besoek aan die Vin Moc tonnels. Die plaaslike inwoners het hierdie tonnels (1,7km in totaal) gegrawe om te skuil van die VSA se bomme. Hulle het gekies om nie hulle dorpies te verlaat nie, sodat hulle die Noord Viëtnamese weermag logisties kon ondersteun. Hulle moes soms tot 5dae in die tonnels skuil.
The highlight of the DMZ tour was the visit to the Vin Moc tunnels. These tunnels were used by the locals as cover from US bombardments.

Vin Moc tonnels/tunnels






















Oorlogtoneel by museum, merk die 'USA' bomme
An image portraying the war, see the 'USA' bombs

















Fietsry deur Hue / Bicycle ride through Hue


Imperial palys in Hue / Imperial Palace in Hue


Tipiese kommunistiese plein / Typical communist square
'n Paar algemene waarnemings
A few general observations

Die Viëtnamese taal is baie kras en val hard op die oor, dit is moeilik om hulel bui vas te stel, want dit klank altyd asof hulle skel.
The Vietnamese language is a very harsh language. It always sounds as if they are upset with you.

Iets anders wat nog nie oorgespoel het van die Weste nie is om in rye te staan.
The Vietnamese do not stand in ques.

Ook hoor mens dikwels 'n onaardige geluid wat iemand êrens diep agter in sy/haar keel gaan haal, natuurlik word daar dan op die plek gespuug.
Nasal sounds are everywhere and is usually followed by the inevitable spit.
Die Viëtnamese het 'n besonderse liefde vir Karaoke. Daar is talle Karaoke restaurante in al die dorpe wat ons tot dusver besoek het. Met die geluide wat daar uitkom kan osn met sekerheid sê dat die volgende internasionale popster nie van Viëtnamese afkoms sal wees nie, tog doen dit nie afbreek aan die entoesiasme waarmee gesing word nie.
The Vietnamese LOVE Karaoke. Where they lack in ability, they compensate with enthusiasm.
"Same, same, but different" - mens hoor dit gereeld in Viëtnam. As 'n verkoper jou probeer oorreed dat die vervalste produk wat hy/sy aan jou probeer verkoop is van dieselfde standaard as die ware Jacob: Verkoper: "Same, same". Toeris: "But different"
'n Winkeleienaar jou oorreed dat sy/haar produk verhewe is bo die van sy buurman wat presies dieselfde verkoop: Toeris: "Same, same" Winkeleienaar: "But different".





"Same, same, but different" - you will hear this often in Vietnam. If a vendor tries to convince you that the fake he/she is trying to sell you is as good as the real thing: Vendor: "Same, same". Tourist: "But different"A shopkeeper tell you that his/her product as exactly the same one sold by his neighbour Tourist: "Same, same" Shopkeeper: "But different".

Monday, 26 November 2007

Ho Chi Minh tot Nha Trang - Viëtnam

Ho Chi Minh City (HCMC)

HCMC (die voormalige Saigon) is die grootste stad in Viëtman en was die hoofstad van Suid-Viëtnam voor die land verenig is in 1975. Dit is 'n baie besige stad en ons het nog nooit soveel motorfietse gesien nie. Motorfietse is die hoof middel van vervoer in Viëtnam. Niks is te groot of te veel om vervoer te word met die fietse nie, dis ook goed vir gesinsvervoer, alhoewel 3 kinders saam met ma en pa 'n probleem raak.

HCMC (Formerly Saigon) is the biggest city in Vietnam. The main form of transport is motorbikes. In HCMC anything can be transported on a motorbike, although a family of five starts getting difficult.

Buiten dat jy aan die regterkant van die pad moet ry is daar nie veel verkeersreëls in Viëtnam nie, alhoewel die reël ook nie altyd gehou word nie. Sypaadjies is ook nie alleenlik vir voetgangers nie en word benut deur motorfietse om hoek te sny. Om 'n straat oor te steek in HCMC is angswekkend, jy begin maar net loop en dit is die motorfietsryer se verantwoordelikheid om jou te mis. Solank jy net 'n konstante pas handhaaf en nie skielike bewegings maak nie kan die bestuurders hulself koordineer en is daar nie veel probleme nie. In die rukkie wat ons in HCMC was het ons net twee ongelukke gesien waar twee motorfietse gebots het, maar omdat almal baie stadig ry (maksimum spoed is 30km/uur) is daar selde beserings of skade. Ek dink die rede dat die "minimum reël" polis werk vir hulle is omdat almal stadig ry en verdraagsaam is, dus nie 'n opsie vir Suid Afrikaanse padgebruikers nie. Sien heel onder 'n video van Gert wat die pad oorsteek in HCMC.

There aren't a lot of traffic rules. As long as you (mostly) keep to the right hand side of the road and do not hit the pedestrians, you can do just about anything. See video bellow on how to cross a road.

HCMC verkeer / traffic
















Piesang vrag / Banana load
















Gesin van vier / Family of four

















Die strate van HCMC / Streets of HCMC





Koffie in Viëtnam is 'n dik, soet bruin brousel en is baie sterk. Dit word met kondensmelk ipv melk en suiker bedien en jy kry altyd 'n kruie tee by, ons vermoed dit is om die balans in jou maag te herstel na die koffie - soos water na Espresso. Die tweede keer in Nha Trang het ons dit op ys gedrink wat dit baie beter gesmaak het.

Coffee in Vietnam is thick and strong. If you order 'Brown' coffee, they add condenced milk that makes it very sweet as well. You can counter all this by ordering ice with your coffee, this dilutes the broth a bit.



Nha Trang

Dit is 'n kusdorpie sowat 450km noord van HCMC af, bekend vir sy lang goue strande en ongelooflike duik plekke. Ons het 'n oornag trein hierheen geneem en 'n verwaaide strand met wilde bruin branders aangetref. Die dag voor ons aankoms was die laaste van 'n vierdag storm. Dus het daar nie veel gekom van ons planne om hier te swem en snorkel nie, maar steeds het ons dit geniet om deur die dorpie te drentel.

This is a small town about 450km to the north of HCMC, known for it's long golden beaches and idyllic dive sites. After an over night train we arrived in Nha Trang to find it soaking wet after a four day tropical storm hit the place. The beach was covered in litter and the huge brown waves didn't look too inviting.


Nha Trang kus / coast









Cham Ponagar temple / temple

















Nha Trang hawe / harbour





























Die hoogtepunt van Nha Trang was die heerlike seekos wat ons hier geëet het en wat dit nog lekkerder gemaak het is die feit dat dit spotgoedkoop was. Ons het gesmul aan garnale, kreef en seekat. Oor die algemeen is Viëtnamese kos heerlik en ons is al baie handig met die stokkies.

The highlight of Nha Trang was the seafood and the best of all, it is really cheap. In general food in Vietnam is good and we are getting the hang of the Chop Sticks.















Video van Gert wat pad oorsteek in HCMC

Video of Gert crossing a road in HCMC


Thursday, 22 November 2007

Via die Suid See en verder - NZ, Aus, Fiji & Hong Kong

Ons pad van Suid-Amerika na Suidoos Asië het 'n vinnig besoek aan Auckland, Sydney en Hong Kong ingesluit. Omdat ons tyd beperk is het ons besluit om later in ons lewe deur New Zeeland en Australie te toer, dit is albei gemaklike lande wat ons ook op 'n gevorderde ouderdom kan geniet. Nietemin het onsbesluit om weg te glip Fiji toe vir 'n paar rustige dae tussen die Suid-Amerika en Suidoos Asië dele van ons toer.
We made our way from South America to South Eats Asia via the South Sea islands. As our time is limited we did not spend much time here for Australia and New Zeeland are easy countries to travel which we can do when we're old.

Auckland

Na 'n 13 uur vlieg het ons een dag en 4 ure later in Auckland geland. Ons het in totaal 2 dae hier deurgebring, meer as genoeg tyd om te besef dat daar baie is om te sien en doen in New Zeeland en dat ons definitief terug sal moet kom. Miskien in 2011 om die Bokke te ondersteun wanneer hulle die wêreldtitel verdedig. Ook was ons lank genoeg in Kiwi wêreld om te besef die nasie is meer rugbymal as enige ander, selfs Suid-Afrika. Jy kan enige iets onder die son koop in wit en swart, selfs golfballe in die vorm van 'n rugbybal. Tog bring niemand die afgelope wêreldbekertoernooi op in gesprekke nie ;o)
After a 13 hour flight we arrived one day and 4 hours later in Auckland. We only spent 2 days here and that was long enough to realise that we have to come back as there are lots to see and do. We also realised that the Kiwis are more rugby crazy than any other nation in the world, including South Africa.
















Fiji

Ons idee was om te 'rus' in Fiji, maar dit het nie gebeur nie. Ons kon nie uit die water bly nie. 80% van ons wakker ure het ons gesnorkel, gekayak, of geduik. Die oorblywende 20% van die tyd het ons geëet - die kos by ons oord was heerlik!

Fiji het 333 eilande. Ons het twee aande op die hoofeiland, Viti Levu, in die dorp Nadi deurgebring. Van daar af het ons met 'n boot na een van die Yassawa eilande gevaar, waar ons drie aande gekamp het. Ons het verder nog twee verlate eilande op eie stoom met kayake besoek.

Die mense van Fiji is baie vriendelik, as hulle uitvind ons is van SA, het hulle dadelik uitgeroep: 'World Champions!' en almal in hoorafstand ingelig van ons status. Hulle het ons wel laat verstaan dat Fiji net twee drieë agter is en dat ons in die toekoms sal moet ligloop. Ons sal veral op ons hoede moet wees as die Fiji vroue dalk begin rugby speel. Hulle sal formidabele voorspelers maak.

In Nadi het winkeleienaars ons uitgenooi vir die Kava ritueel. Die drankie lyk en smaak na modder water. Ons het maar lank gesluk aan die tweede rondte.

Ons het by die Mantaray oord gebly in die Yassawa eilande. Ons moes onsself knyp van tyd tot tyd om seker te maak dis werklik, want dit het gevoel asof ons in 'n vakansie brosjure leef. Daar is pragtige koraalriwwe, 'n paar meter van die strand af, waar ons gesnorkel het. Ons het talle kleurvolle tropiese visse gesien. Hoe groter die visse, hoe meer opgewonde was Gert en hoe meer kleure en patrone, ekself. Ons het drie keer gaan skubaduik en ook ongelooflike seelewe gesien ('n eksponensiële verbetering op die groen slym in Engeland waar ons gekwalifiseer het). As daar enige van julle is wat wik of weeg om 'n skuba kursus te doen, doen dit! Die onderwater wêreld is ongelooflik. Ek begin dink dat die tuin van Eden was onder die see.
Our idea was to rest in Fiji, but that did not happen as there was so much sun, sea and diving to enjoy.
Sydney
Op die lughawe al word hooggeskoolde persone genooi om in Australië te bly en werk, maar ons het besluit dat ons dit eerder nie sal doen nie, want dan gaan ons nooit teruggaan SA toe nie. In kort, ons het baie gehou van Sydney. Die stad is baie modern, skoon en goed ingerig. Orals draf mense en daar is baie sport fasiliteite. Dit is by verre die mooiste stad wat ons sover tydens ons toer besoek het, ek sal so ver gaan om te sê die mooiste stad waar ek nog was buiten Kaapstad en Pretoria in Oktober. Ons was net een dag in Sydney, het vroeg oggend in die park gaan draf met uitsig op die Opera huis, in die stad rondgeloop en Manley strand besoek met die "ferry".
We loved Sydney and decided that we will never go there to work for a while as we might not return to South Africa.
Hong Kong
Ons het die Suidelike halfrond verlaat en ons eerste stop in die Ooste was Hong Kong. Omdat ons Viëtnam toe via Hong Kong was, het ons besluit om 'n dag oor te bly.
Hong Kong in een woord: Bling! Dit is 'nbesige stad met baie neon ligte, wolkekrabbers, winkels en reuke - waarvan sommige aptytwekkend en ander het ons westerse mae laat draai, hierdie mense eet vreemde dinge. Ons het onsself besig gehou met inkopies (hier is nie juis veel meer om te doen nie) en ons verkyk aan al die nonsens wat hier te koop. Baie van die items (vir beide kinders en volwassenes) is met Hello Kitty versier. Ons moes oplet om nie die mense uit die aarde te loop nie, hulle is so klein jy kyk hulle maklik mis. Die hoogtepunt van ons kort besoek was die lig- en klankvertoning. Dit word elke aand 8 uur aangebied en is die grootste permanente lig-en klankvertoning in die wêreld. Verskeie geboue is met adissionele neon ligte versier en op die maat van musiek word dit gekombineer met kolligte en lazers in die vertoning.
Our flight to Vietnam was via Hong Kong, we decided to spend a day there. One word for Hong Kong: Bling!

Friday, 9 November 2007

Santiago - Chile

Santiago

Santiago is ´n groot stad, maar ander as die vorige stede wat ons besoek het hier in Suid-Amerika is dit baie skoon, ek glo dit is toe te skryf daaraan dat Chile ´n vrou as president het. Selfs die Metro is baie skoner as die Underground in Londen. Die stad het ´n baie lekker atmosfeer en ons het ons kuiers hier baie geniet. Daar is duisende mense in die strate, maar dit wil voorkom asof hulle minder gejaagd is as in Londen aangesien hulle lang middagetes vat en rustig stap. In die strate is heelwat kunstenaars wat die vermaak wat na hulle lang middagete steeds paar minute het om te verwyl.

Mens kan enige iets onder die son by die sentrale mark koop, maar die vars seekos staan uit. Ons het hier by ´n restaurant lekker vars vis met Pisco Sours (plaaslike spiritus soortgelyk aan Gin) afgesluk terwyl ´n dame met ´n formidabele stem ons vermaak het met Spaanse balades.

Santiago is another large city in South America, but the one we liked most as it is very clean and has a great atmosphere. I believe this is attributable to the fact that the president is a female. Even the Metro is much cleaner than the Underground in London.
´n Bonus
Ons verlaat Suid Amerika met ´n vlug van Santiago af na Auckland toe. Daar is net een van die vlugte per dag en dit word dikwels oorgeboek. Ook ons vlug was oorboek, die lugredery bied ons toe $800 elk in vliegbewyse aan om nog ´n dag in Santiago te bly (volgende jaar toer ons weer!). Verder het hulle ons in die Sheraton ingeboek, met alle etes ingesluit, waar ons saam met al die staatshoofde van Suid Amerika wat hier is vir ´n konferensie tuis gegaan het. Ver bo ons vuurmaakplek. Hier is ons bagasie verpak in streepsakke op die trollie in die voorportaal, het maar skaam gelag vir onsself.
We leave South America with a flight from Santiago to Auckland. As usual with these long haul flights it was overbooked. We opted to stay another night in Santiago in return for $800 of travel vouchers each (will be travelling again next year!) as well as accommodation in the Sheraton, meals included. Here is our luggage in their "special" coatings on the trolley in the foyer. We had to laugh at ourselves.

Tydskrifstalletjie / News stand



















Varsprodukte op die mark
Fresh produce at the market



















Horcon


Horcon is ´n vissersdorpie sowat 3 ure van Santiago af. Dit was ´n baie lang busrit en wanneer jy dink die bus is nou oorvol, word net nog enetjie opgelaai. Dit is asof tyd hier stilgestaan het en herinner mens baie aan Paternoster aan die Weskus. Die vissersbote hier word met perde uitgesleep weens die styl helling van die strand. Meeue en Pelikane hang daar rond (ook ´n visruekie) in afwagting op ´n stukkie afval vis. Seekos is volop, goedkoop en heerlik. Ook die Empanadas (diep gebraaide pasteie) word hier gemaak met vars seekos.

Horcon is a fishing village about 3 hours from Santiago. A visit to this village is like going back in time and reminds one a lot of the West coast of South Africa.


































Valpraiso

Eens die hoofstad van Chile en vandag steeds die setel van die parlement. In sy fleur was die stad die hoof hawe vir skepe in die Stille oseaan. Na voltooing van die Panama kanaal en die koms van stoomskepe het die hawe sy aftrek verloor en verwaarloos geraak. Die stad se besonderse karakter en ligging aan die kus het vele kunstenaars oor die jare gelok wat die voortbestaan en restourasie van die dorp aangemoedig het. Onder andere het die bekende digter, Pablo Neruda, hier gebly. Die invloed van die kunste is oral te bespeur en die stad word geag die kulturele hoofstad van Chile te wees.

Once the capital of Chile and today still the home of the Chilean parliament. In it´s heyday it was the main port in the Pacific ocean, but after the completion of the Panama canal and the arrival of steam ships it lost a lot of it´s commercial value. The character and ambiance of the town however lured a lot of artists and today the town is considered the art capital of Chile.















Mendoza - Argentinië

Ons het ´n paar dae in Mendoza by ons program gevoeg met die hoofdoel om daar vleis te eet en wyn te drink. Mendoza is Argentinië se voorste wynstreek en die tuiste van Malbec, ´n rooiwyn kultivar eie aan Argentinië soos Pinotage aan Suid Afrika. Mendoza is ´n pragtige stad, die boomlanings aan weerskante van die strate herinner mens baie aan Stellenbosch. Ons het sommer baie tuis gevoel hier en besluit indien ons ooit Suid Afrika permanent moet verlaat, Mendoza ´n sterk oorweging sal wees. Ons het so 10km buite die dorp gekamp, elke aand vleis gebraai en deur die dag "bodegas" (wynplase) besoek of sommer net deur die mooi strate gedrentel.

We added a visit to Mendoza to our itinerary with the main purpose to eat meat and drink wine. Mendoza is Argentina´s main wine region and home of their own cultivar, Malbec. Mendoza is a beautiful town with tree lined streets that reminded us a lot of our home town, Stellenbosch. We camped about 10km out of town, ´"braai´ed" (barbecue) every night and visited "bodegas" (wine farms) during the day or just walked the streets.



Die strate van Mendoza / The streets of Mendoza




















Bodega Lopez































Plaza Espana



















Middagete by Casa Comer na bodega besoek
Lunch at Casa Comer after a bodega visit


























Aandete - Argetynse vleis. Heerlik!!!
Dinner - Argentinean meat. Delicious!!!




















Gert se baard het in Mendoza agter gebly
Gert left his beard behind in Mendoza