Sunday 23 December 2007

Cambodia

Cambodia

Van die Siphandon eilande af het ons Suid gereis en die grens oorgesteek by Voen Kham. 'n Dagreis erder het ons Phnom Phen, die hoofstad van Cambodia bereik.

From the Siphandon Islands we headed South to Cambodia . After a tiring days travel we reached Phnom Phen, the capital.

Phnom Phen

Met Cambodia se ontstuimige politieke geskiedenis, wat maar eers gestabiliseer het met die draai van die millenium, het ons nie veel verwag van die hoofstad nie. Ons was aangenaam verras met wat ons aangetref het, daar is nog heelwat arm en onversorgde dele, maar mens kan sien hoe die stad stelselmatig opgebou word.

Due to Cambodia's unstable political history, we didn't expect much of Phnom Penh. We were surprised by what we found. The jewel of the city was the Imperial Palace.

Die kroon van die stad is die Keiser se paleis, 'n indrukwekkende kompleks.



Die Khmer Rouge het in 1975 die regering omvergewerp. Hulle leier, Pol Pot, het 'n Mao-styl revolusie van stapel gestuur, waartydens hy Phnom Phen in 'n kwessie van 'n paar maande 'ontruim' het. Sy ideaal was om Kampuchia, soos hy Cambodia herdoop het, te hervorm in 'n gelyke samelewing, gedra deur primitiewe landbou en om weg te doen met alle vorme van kennis en kultuur. Hierdie program het as die 'Year Zero' program bekend gestaan. Van Phnom Phen se 2 miljoen inwoners het net 45000 oorgebly, die res is na die platteland gestuur om te bearbei. Die geleerdes en teenstanders van die revolusie is egter verskoon hiervan, net om 'n veel erger lot in die gesig te staar. Hulle is gevange geneem, gemartel en dan tereggestel.

Die mees bekende gevangenis is 'n skool in PP wat hiervoor omskep is. Dit het bekend gestaan as S21 - Security Office 21. Van die meer as 20,000 mense wat hier aangehou was, het net 7 oorleef. Daar word gereken dat sowat 2 miljoen mense tydens en agv die revolusie gesterf het.

Ons het die S21 gevangenis besoek. Dit was 'n baie neerdrukkende ervaring, daar is rye en rye foto's van die gevangenis, wat geneem is met hul aankoms. Die foto's was ontstellend, daar was kinders wat nie ouer as twee kon wees nie, ma's met babatjies en dit is goeie moderne foto's-van dieselfde kwaliteit as my broers se babafoto's want dit het alles net bietjie meer as 30 jaar gelede gebeur in hulle leeftyd. Ons het ook Choeung Ek besoek, so 15km uit die stad uit, waar die gevangenis tereggestel is en in vlak massagrafte begrawe is.

Daar is nie eintlik foto's te wys van ons dag nie, ek het nie juis geinspireer gevoel om enige te neem nie. Dit was 'n dag wat ons sal by bly.

We visited some of the sites commomorating the atrocities of the Pol Pot regime in the late 1970's. These were unsettling and we weren't inspired to take any pictures. However it was good to see all this to be more aware of what happened in the recent past.

Wat die dag verder monumenteel gemaak het was dat Oom Jap hom by ons kom aansluit het vir die sonsonderbier. Wat 'n karakter: die oom is êrens in sy 70's, het twee Youth Hostel International kaarte en bly oral waar hy reis in "backpackers". Hy het gevra dat ons saam met hom by 'n Japanese restaurant gaan eet waar hy vir ons bestel het en aangedring het dat ons alles in sy bord ook proe. Op sy beurt het hy aandagtig geluister toe Gert vir hom in detail verduidelik het hoe om braaibroodjies te maak, ek dink hy het Gert verloor by die Mrs Balls deel van die resep.

Keiserlike paleis / Emperor's palace











































Vryheidsmonument / Freedom Monument



















Wêreldvlae langs die Mekong
Flags of the world along the Mekong



















Groenteplaas in PP / Vegetable farm in PP



















Battambang



Wat een van ons laaste busritte sal wees, het ons Battambang toe geneem. Ons entoesiasme oor die TV om ons tydens die langpad te vermaak was effens gedemp toe die oosterse karaoke video begin speel het, ons het terugflitse gehad van ons busritte in Viëtnam. Toe word ons verras met The Gods must be crazy II in Khmer. Oud en jonk het gekraai van die lag, ons het skoon trots gevoel. Dit was nie die eerste keer dat die ou film op gekom het tydens ons reis nie, heelwat mense het al daarna verwys wanneer ons meld dat ons van Afrika af kom. Ons het nooit besef Jamie Uys se skepping het soveel internasionale faam verwerf nie.

Daar is nie veel te sê van Battambang nie alhoewel dit die tweede grootste stad in Cambodia is. Ons het net hier aangedoen om die bootreis van hier na Siem Reap te neem. Die bootreis was verseker die moeite werd. Die reis neem jou van Battambang via 'n verskeidenheid riviere na die Tonle Sap meer, die grootste meer in die omgewing. Mense bly hier letterlik op die water, alles van die skool tot die kerk dryf. Dit was interessant om te sien hoe die mense leef, maar ek sal nie heeltyd so op die water wil wees nie.

We took a bus from PP to Battambang from where we got a boat the next day to Siem Reap. The boat took us via various small rivers to the Tonle Sap lake. We passed numerous floating villages on the way, where everything from the school to the church floats on the water.




Siem Reap (Angkor)

Siem Reap is die dorp naby die Angkor kompleks wat die befaamde Angkor Wat huisves. Die ruines het verdere roem verwerf as die filmstel vir Tomb Raider. Die kompleks is tussen 9de en 15de eeu deur die Khmer nasie gebou. Dit het eers aan die Weste bekend geword toe 'n Fransman daarop afgekom het in die laat 19e eeu.

Dit is ongelooflik om te dink dat mense in daardie tye sulke projekte kon visualiseer, om nie eers te praat van voltooi nie. Om 'n idee te gee: om Angkor Wat is 'n muur van 3.6km gebou, en rondom die muur is 'n grag gegrawe van 100m breed, dit is ondenkbaar hoeveel hande nodig was om hierdie werk te doen. Ons is dikwels met ontsag vervul vir die Khmer mense.

Vir meer inligting oor Angkor gaan lees op Wikipedia: http://en.wikipedia.org/wiki/Angkor
Siem Reap is the closest town to the world famous Angkor Ruines. These ruines formed the backdrop for the Tomb Raider Films. It was awe inspiring to see what the Khmer people accomplished between the 9th and the 15th century. For more information on this remarkable site, see Wikipedia : http://en.wikipedia.org/wiki/Angkor




















Met rede is die hedendaagse Cambodiane baie trots op Angkor. Alles hier is met Angkor "gebrand", ons drink Angkor bier, sou ons gerook het is Angkor sigarette beskikbaar, selfs die motortjies wat hier aanmekaar gesit word heet Angkor. Die nasionale vlag het ook 'n afbeelding van Angkor Wat op.

Friday 21 December 2007

Laos

Vientiane

Die hoofstad van Laos en skynbaar die mees rustige hoofstad in die wêreld. Na ons marathon dag wat 4am op Hanoi se stasie begin het, het ons net 'n bed gesoek met ons aankoms. Aangesien daar nie veel gebeur in Vientiane nie, het ons sommer al die volgende oggend vroeg deurgeskiet Vang Vieng toe.

The capital of Laos and apparently the most relaxed in the world. After our marathon day that started at 4am on the Hanoi station, we only wanted a bed on arrival. As there is not much happening here, we shot off to Vang Vieng the next morning.

Vang Vieng

VV is die "backpacker" Mekka van Laos. Die strate is gevul met die een restaurant op die ander wat uitgerus is met lae tafels en kussings, waar toeriste lê-sit met 'n Beer Lao in die hand en 'n TV of drie wat Friends wys. Sou dit jou interesseer kan jy 'n Happy pizza, Happy tee of sommer net 'n skoon pakkie dagga of opium van die "Special Menu" af bestel.

die rede vir VV se gewildheid is die keur van avontuur aktiwiteite beskikbaar. Die mees populêre hiervan is om met 'n binneband by die Nam Xong rivier af te dryf. Elke paar honderd meter kan jy uitgevis word by 'n plesier oord waar Beer Lao, swaai toue, vlugbal en vele meer beskikbaar is. Baie feestelik.

Buiten vir bogenoemde is daar verskeie grotte in die omgewing. Ons het drie dae hier in VV spandeer. Dag een het ons op 'n kayak toer op die Nam Xong gegaan, wat ook 'n besoek aan twee grotte ingesluit het. Die kayak was op 'n pragtige deel van die rivier en die toergids het dit baie geniet om ons en twee Fransmanne deur 'n spesiale roete te neem deur die grot, waar ons met tye op ons mae moes seil. Ons was lekker vuil hierna gewees.

Die tweede dag het ons fietse gehuur en die oggend op eie stoom, 'n paar grotte besoek, ons het weer op ons mae geëindig. Die namiddag het ons gaan 'tube'.

Ons laaste dag het ons weer gaan kayak op die Na Nung rivier, terug Vientiane toe.

VV is the backpacker's Mecca of Laos. Tourists flock here to enjoy the variety of adventure activities to be found in the area. The favourite is to tube down the bar riddled Nam Xong river.
We also enjoyed caving and kayaking here.


(Kan ek myself in die rede val?....

Kan ek myself in die rede val met 'n skets van waar ek nou sit en skryf op die busstasie in Thakhek. Op linkerhand sit 'n klomp vrouens besig om vliëe van die dooie eekhorings te waai wat hulle smous aan die passasiers. Aan my regterhand sit Gert en gesels met twee plaaslike inwoners wat hulle Engels wil oefen, 'n redelike eenvoudige gesprek. Wanneer die gesprek opdroog, word dit weer op dreef gebring deur vir Gert te vra waar kom hy vandaan. Oorhoofs 'n TV met een of ander oosterse drama wat Mills en Boons na Oscar materiaal laat lyk. Dis moeiliker om die reuke in woorde weer te gee, so ek probeer nie eers nie. Ek het gedink ek deel die oomblik met julle.)

Thakhek en omgewing

Ons eerste stop in sentraal Laos, was 'n besoek aan die Tham Kong Lor grotte. Dit was 'n lang reis om daar uit te kom: 5 ure op die plaaslike bus, 2 ure op 'n Songthaews ('n trokkie met bankies), na twee ure se wag in Ban Na Hin 'n tweede Songthaews tot by Ban Kon Lor en eers na nog 3km se stap deur ryslande, het ons by die oornagpunt aangekom. Ons was goed uitgeput, maar min het ons geweet dat die volgende dag baie meer ontberinge sou inhou.

Die Tham Kong Lor grotte is 6km lank en tonnel regdeur 'n berg. Ons het saam met plaaslike inwoners met 'n boot deur die grot gevaar. Die rit op die rivier voor en na die grot was ook prentjie mooi. In die middel van die grot het ons gestop om na 'n ongelooflike tuin van stalagmiete en stalagtiete te kyk.



Our first stop in central Laos was the Tham Kong Lor Caves. These Caves are 6km long and tunnels through the mountain. We went through the caves with some locals on a boat and continued our journey on the other side. This however is not to be recommended as the 7km indicated by the locals to the next town, turned out to be almost 50km's. We never reached this town, as we were picked up by a bakkie when darkness set in and were dropped in some other town, which we still don't know the name of. At least from there we could get a Songthaews to Thakhek the next day and we were back on track.





Ons toerboek het geswyg oor wat aan die anderkant van die grot is, maar op aanbeveling van die Laos inwoners by die oornagpunt, het ons besluit om verder te reis van hier af mbv plaaslike vervoer, wat volgens hulle nie 'n probleem sou wees nie. Met ons aankoms aan die duskant, het 'n vrou ons verduidelik dat ons 'n geleentheid saam met 'n trekkertjie kan kry met die pad af wat ons sal neem tot in Nakai, vanwaar ons 'n tuk-tuk kan kry tot by Thakhek. Ons val toe in die pad Nakai toe. Na ons verneem het dat dit net 7km (gekommunikeer mbv handgebare) weg is, het ons gemeen, sou ons nie 'n trekkertjie raakloop nie, kan ons die afstand te voet ook aflê. Om 'n lang storie kort te maak, na 20km se stap het ons iemand opgespoor wat bietjie Engels kon praat en uitgevind dat Nakai nog 30km van daar af was. Ons het ons opsies opgeweeg en besluit om maar aan te stap. Kort daarna het 'n trekkertjie verbygekom en ons gekarwei vir so uur of wat. Daarna het ons maar weer gestap, die pad nou enkeldiepte stof. Daar was al meer tekens van lewe, maar al die verkeer was van voor af. Toe dit al sterk skemer was en ons seker al 'n verdere 10km voete deur die stof gesleep het, het 'n bakkie vir ons gestop en ons opgelaai. Omdat die bestuurder nie Engels kon praat nie, was ons nie seker waarheen hy gery het nie, maar ons was nêrens nie en hy het êrens heen gegaan. Wel, tot vandag toe weet ons nie wat die dorp se naam was waar ons oornag het nie, want daar was geen Engels nie en Laos gebruik hulle eie alfabet, so ons kon nie eers probeer lees nie. Al wat ons weet is dat dit nie Nakai was nie, want die bestuurder het net sy kop geskud en een of ander naam gegee. Daar was wel gastekamers met warm storte en 'n plekkie waar ons kon eet. Goed dat ons enige iets eet, want met geleenthede soos hierdie is daar nie spyskaarte nie, jy kan ook nie verduidelik wat jy wil hê nie, jy eet net wat voor jou land - die kos was heerlik.
Die kruispad waar ons verneem het dat dit nog meer as 30km is na ons bestemming.
The cross road where we received the news that it was still more than 30km to our destination.
Met 'n lagie stof soos 'n goeie rooiwyn.
With a dust layer like a good red wine.
Die volgende oggend kon ons 'n Songthaews opspoor Thakhek toe en ons was terug op roete. Ons het 'n dag in Thakhek spandeer en die omgewing met 'n motorfiets verken.
Siphandon Eilande


Die Mekong is die 11de langste rivier in die wêreld en 12de in volume. Die rivier loop deur 6 lande en teen die tyd dat die rivier in die Suide van Laos aankom is die rivierdelta 14km breed in die nat seisoen en huisves verskeie eilande.


Na 'n nagmerrie busrit van Thakhek, wat 6 ure langer geneem het as wat dit moes, het ons op die grootste van hierdie eilande, Don Khong, aangekom. Ons het net een nag hier oorgebly en daarna vertrek na Don Deth, 'n eiland 1.5 ure per boot verder suid op die Mekong. Don Deth is 'n "backpacker's paradise", verskeie eenvoudige gras "bungalows" op die rivieroewer, gesellige eetplekke en daarby is dit spot goedkoop. Ons het sleg gevoel om net R10 te betaal vir ons twee saam, maar het beter gevoel toe ander mense nog minder betaal het. Die natuurskoon op die eiland en die naburige Don Khone eiland, wat ons per fiets besoek het is pragtig. Met prentjie mooi sonsondergange kon ons niks beter vind om te doen as om agteroor te sit en lang Beer Lao's te geniet nie.

After a nightmare 15 hours on a local bus from Thakhek, we arrived at the biggest of the Siphandon islands (these are islands in the Mekong in Southern Laos), Don Kong. We left the next day for Don Deth, a smaller island but a backpacker's paradise. The banks are lined with grass bungalows that come at 75p per night for two people. The islands are beautiful, especially at sunset. We spent our time cycling round the islands and drinking long Beer Laos as the sun set.

Thursday 6 December 2007

Hanoi, Halong Bay & Sapa - Viëtnam

Hanoi

Hanoi is die hoofstad van Viëtnam sedert die vereniging na afloop van die oorlog van Noord en Suid Viënam (1975). Soos in HCMC is die verkeer hier mal! Weens die gebrek aan verkeersreëls gebruik mense gereeld hulle toeters en watter keur van toeters is hier nie. Sommige is skril en kort, ander 'n deuntjie bv Happy Birthday en ons persoonlike gunsteling: die eggo toeter, toeter, toeter.....om net 'n paar te noem.

Die ou deel van die stad sluit 36 strate in, elk vernoem na wat daar verkoop word, bv "Tin Straat" verkoop winkel na winkel produkte van die metaal.

In die strate word klassieke musiek gespeel oor groot luidsprekers. Hierdie luidsprekers is aangebring om propaganda uit te saai tydens die oorlog met die Suide.

Hanoi has been the capital since the unification of Vietnam after the war in 1975. Like HCMC the traffic here is crazy. In the absence of traffic rules there is a lot of honking and such a variety of honks, short and shrill, tunes like Happy Birthday and our favourite the echo honk, honk, honk...to name but a few.

Hanoi Mark/Market

































Langhaar Lietjies (ons naam) / Long hair Lychees (our name)




















Halong Bay

Sowat 160km van Hanoi, is die bekende baai geleë met sy honderde Kalksteen eilande. Ons het 'n nag op 'n boot hier spandeer. Dit is 'n baie mooi deel van die land, maar ongelukkig het dynserige weer verhoed dat ons mooier foto's kon neem.

About 160km from Hanoi is the well known Halong bay with it's hundreds of Limestone islands. We spent a night on a boat here, unfortunately hazy weather did not permit us to take good photo's.











































































Sapa

Sapa is in die noordelike hooglande geleë. Ons het die oornagtrein daarheen geneem. Dit is 'n pragtige dorpie en baie rustiger as enige ander in Viëtnam waar ons was, ook baie kouer as die res van die land omdat dit heelwat hoër is.

Ons het hier tussen verskeie dorpies van die minderheidsgroepe (hulle woord) rond geloop. Hulle het ongelooflike besproeiingstelsels in plek om die rysterasse voordurend nat te lei. Bamboes word meestal in plek van plastiekpype gebruik. Elke stukkie grond word vir landbou gebruik. Die mense is nie ryk nie, maar almal is wel gevoed en bly in behoorlike huise. Ons laaste dag in Sapa het ons 'n motorfiets gehuur en die omgewing verder verken en die aand weer die nagtrein teruggeneem Hanoi toe. Van Hanoi af vlieg ons Vientan toe, die hoofstad van Laos.

Sapa is situated in the northern highlands. It is a beautiful town and much quiter than any other place we have been to in Vietnam, also much colder because of it's high altitude.

We visited various towns of minority groups (their term) in the area. They have amazing irrigation systems in place to constantly wet the rice terraces, they use mostly bamboo instead of plastic pipes. Every inch of land is used for agricultural purposes. The people are not rich, but they are all well fed and have decent housing. Our last day we rented a motorbike to further explore the area before taking the night train back to Hanoi. From Hanoi we fly to Vientan, the capital of Laos.

Rysterasse / Rice terraces



















Hoogland boorduurwerk / Highland Embroidery

















Minderheidsgroepe / Minority Groups

































Bikers






































Ons het iets om julle te vertel / We've got something to tell you

























Die Pomelo's hier is baie groot ;o) / The Grapefruit here is huge;o)










































04:00 am Hanoi treinsstasie / train station



















Snottie noedels vir ontbyt / Snotty noodles for breakfast