Thursday 27 September 2007

Kuslangs - Chile

Wanneer jy die grens tussen Argentinië en Chile oorsteek merk mens dadelik op dat die land in Chile meer benut word itv landbou, ook Chè Guevara het dit in sy reisnota´s , Motorcycle Diaries, waargeneem.

Ons eerste besoekpunt in Chile was Puerto Natales wat redelik ver suid lê. Gelukkig het ons net paar ure hier spandeer voor ons aanboord die Navimag gegaan het. Puerto Natales is ´n redelike treurige dorpie. Soos oral in die suide van Chile word al die huis van houtplanke en sink gebou, maar hier is meeste maar lendelam.

Die Navigmag is eintlik ´n groot vragskip wat ekstra munt slaan deur ´n paar toeriste te karwei. Dit is nie baie luuks nie, maar die boot is skoon en netjies en die drie etes per dag wat ons gekry het was baie lekker. Die meeste van ons mede-reisigers was soos ons jong mense wat deur Suid-Amerika swerf. Ons het lekker gekuier met twee Kaaskoppe en ´n meisie van Luxembourg. Die enigste Amerikaner het hom ook by ons aangesluit om op te kom vir Amerika wanneer die res van ons hulle blameer vir baie van die ellendes in Suid-Amerika. Ons het gevind die Europese jong mense wat hier rondswerf baie bewus is van die uitbuiting van derde wêreld lande en skaam is oor hul koloniale verlede. Ek (Marna) en die meisies het een aand gesels en beide het gesê hulle sal nooit ´n diamant ring dra nie, omdat mens nie met sekerheid kan weet of dit ´n bloeddiamant is of nie. Ek het geswyg op die onderwerp en was stilweg verlig dat ek my trouring in Lize se sorg gelaat het in die VK en net ´n plein silwer pand gedra het.

We crossed the border from Argentina to Chile to go aboard the Navimag. The Navimag is a cargo ship that makes a little extra from taking tourists from Puerto Natales 1500km further north to Puerto Montt. The latter is a lovely port with some great seafood. We also visited the Chileo Island, Chile´s 2nd biggest island, from there.


Ons het met die Navimag van Puerto Natales tot by Puerto Montt, 1500km Noord, gevaar in 3 dae. Die boot het deur die fjords aan die Chiliaanse kus gevleg en ons was net een dag op die oop see. Die fjords en omgewing is pragtig.


Die fjords




































Seeman Gert















Navimag in die Puerto Montt hawe



















Ons het net ´n oggend in Puerto Montt deurgebring, dit is ´n baie mooi hawe dorpie. Ons het heerlike seekos daar geëet onder andere ´n hoop oesters.



















Ons het die middag met die ferrie Chileo toe gegaan, Chile se 2´e grootste eiland. Dit is ´n interessant eiland met baie legendes.
Die Chileo kus waarvandaan die vissers uitgaan.

















Die volgende dag het ons na Pucon vertrek om die Villarrica volkaan te gaan klim. Villarrica is Chile se mees aktiewe volkaan. Ons het in redelike digte mis begin stap, maar soos ons gestyg het, het ons deur die mis gebreek en voor ons het die sneeu bedekte volkaan gelê. Die hele pad het ons deur sneeu gestap gewapen met yspikke en sneeupakke, dit is nogal harde werk. Na ´n styl finale 300m het ons die bo-kant bereik en voor ons ´n reuse gat wat die mees onaardige geluide maak, rook wolke uitblaas en stukke rots en lawa uitspoeg. ´n Mens kry ´n kriewelrige gevoel in jou maag daar bo, maar wat ´n indrukwekkende ervaring. Kan jouself indink dat die duiwel daar bly. Alhoewel dit ons 5 ure geneem het om op te gaan is ons af in net 1.5 ure. 50% van die pad gly jy op jou boude af, dit is soos ´n glyplank wat nooit ophou nie, groot pret! (Sien video onder)
From Puerto Montt we went to Pucon to climb the Villaricca volcano, Chile´s most active volcano. After struggling through the snow with ice axes and snow suites we reached the summit. Meeting us here was an enormous hole from which came unearthly sounds and smoke Pieces of rock was thrown into the air from the pool of lava below, it is imaginable that the devil lives down there. The decent took us only 1.5 hours as we slided down 50% of the way, this was great fun!
.
















































Met die dat ons die roete suid aangepas het, is ons ´n week voor skedule. Op aanbeveling van ons mede Navimag-vaarders het ons plan gemaak om na die soutpanne in Bolivia toe te gaan op ´n Jeep toer van San Pedro te Atacama, Chile, af. Dit was nie deel van ons oorspronklike plan nie, maar ons is bly dat ons dit ook kan bywerk

As we had to change our route south we were a week ahead of schedule. On recommendation of friends we met aboard the Navimag, we arranged to go to the salt flats in Bolvia, we are really looking foward to this.


Thursday 20 September 2007

Die lang pad Suid - Argentinië

Ons was gedwing om ons oorsprongklike toerplan te wysig omdat van die roetes onbegaanbaar was weens swaar sneeu en reën. Dit het tot gevolg gehad dat ons twee dae op busse spandeer het en die heelpad lyk die omgewing soos die Karoo net met bietjie minder lewe. Om die suide van Pategonië te bereik, moes ons al die pad tot aan die weskus van Argentinië ry, toe eers kon ons suid vorder, daarna weer noord-oos om El Calafate te bereik. Dit is ´n wye draai en in Argentinië (8e grooste land in die wêreld) kry wyd nuwe betekenis, maar dit wat ons hier Suid (soos Tanne Hetta sal sê, stel haar binnekort voor) gesien het is ongelooflik en was elke minuut op die bus werd.

Due to snow and rain a lot of the main routes south were closed and we had to ammend our original plan. The effect of this was that we had to take a two and a half day bus trip via the West coast down to El Calafate.

Ons het busritte het so uitgewerk dat ons agt ure in Comodoro Rivadavia aan die weskus moes oorstaan. Dit is nie ´n mooi stad nie, amper soos ´n Beaufort-wes langs die see en ook nie ´n mooi see nie, swart klippies strande ens.

Wat wel die agt ure opgekikker het was die heerlike vleis wat ons by die supermark se kafeteria geëet het, dit het al die Parilla´s wat ons tot dusver by restaurante geëet het uitgestof, en ons kuier by Tannie Hetta.

Na die Boere oorlog het verskeie boer gesinne die Engelse juk ontduik deur in Argentinië te kom boer waar hulle plase aangebied is in hierdie karoo-agtige landskap waardeur ons uur-na-uur gery het.

Gert het verlede jaar met die Rio Negro kanowedvaart een van die oorspronklike immigrante se kleindogters ontmoet. Ons het haar gekontak en sy het laat weet dat ons haar suster (Tannie Hetta) moet gaan opsoek in Comodoro. Ons het so gemaak. Ons is met ´n kus ontvang en is bederf met tee en ´n berg koekies. Tannei Hetta praat nog vlot Afrikaans met nou en dan ´n "ou" woord soos: "alger het gehelp". Sy bak melktert en gaan NG kerk toe. Haar kinders en kleinkinders kan nie Afrikaans praat nie, want haar oorlede man was Spaans, nietemin doen haar kleinkinders volkspele met die rokke, kappies, onderbaadjies en als. Die Afrikaanse gemeenskap en hulle gesinne in Comodoro is baie aktief ten spyte daarvan dat meeste gades en kinders Spaans praat. Hulle reël gereeld byeenkomste, dit is dan wanneer die kleinkinders volkspele doen en daar groot gebraai word, nie dat dit vreemd is vir die Argentyne wat parilla ken nie. Tannie Hetta weet nie hoe lank die NG kerk in Comodoro nog gaan bestaan nie, glo stry die lede baie, defnitief ons bloed.

Nadat ons ´n weg deur die koekies geëet het, het Tannie Hetta se seun, Tony, ons kom oplaai om ons die dorp te gaan wys. Eers het hulle met Comodoro se strandhuise gespog (nie heeltemal Kampsbaai nie), waarna ons by Oom Blackie se bakkery aangery het.

Oom Blackie (68) is al 10 jaar ´n bakker. Voor dit het hy bietjie geboer, trokke bestuur, klas gegee en so tussendeur reël hy toer na Suid-Afrika. Sy bakkery verkoop melktert en koeksusters, maar sy hoof produk is "toebroodjie-brood". Dit is 14kg brode wat ongeveer 80cm lank en 30x30cm hoog/breed is. Dit vat byna ´n dag om die brode te bak van begin tot einde. Nadat dit vir twee dae gestaan het om af te koel word al die korsies afgesny (dit word vir die varkies (sic) gevoer). Dit word dan opgesny en in pakkies gemaak wat aan toebroodjiefabrieke versprei word so ver as El Bolson, sowat nege ure van Comodoro af.
Nadat ons sy lemoenbroodjies geproe het was ons na sy huis toe sodat Gert hom kon vertel waarom die "proteas" wat hy van saad gekweek het nie blom nie. Sy huis is vol Africana, klein ossewa, Springbokvel, KWV 10 jaar, een van daai verbleikte vadoeke met die proteas en Uniegebou op.
Dit was heerlik om die mense te ontmoet, hulle gasvryheid was oorweldigend. Al praat hulle Afrikaans en doen volkspele, is hulle trotse Argentyne wat beweer dat die Pumas die Bokke gaan ore aansit in die wêreldbeker.
Gert saam met Tannie Hetta en Oom Blackie by sy brode.
Gert met een van Oom Blackie se Toebroodjie-brode
Na nog ´n nag en halwe dag op die bus het ons uiteindelik El Calafate bereik. Hier het ons ´n motor gehuur en deur gery El Chalten toe. El Chalten is aan die voet van die Andes geleë en bestaan uitsluitelik vir toerisme. Daar is pragtige staproetes en dit is ook van hier af wat ervare bergklimmers die bekende piek, Fitz Roy, klim. Ons het twee nagte hier geby en die voldag wat ons daar was seker 30km gestap. Daar is nie veel fauna nie, net so nou en dan ´n lomp haas, ´n redelike verskeidenheid voëls en llamas. Die berge en omgewing is egter pragtig, foto´s verder is beter as woorde.
At El Calafate we rented a car and drove to El Chalten, a small touristy town at the foot of the Andes. This town serves as a base for all expiditions to the famous peak, Fitz Roy. This is a hiker´s paradise and we walked about 30km on various routes the day we spent there. The area is breathtaking.
Fitz Roy
Daarna is ons terug El Calafate toe. Hier het ons die bekende gletser Perito Moreno besoek, wat ´n gesig! Die gletser is 30km lank, 5km breed en 180m hoog, nie naastenby die grootste in die omgewing nie, maar die mees toeganklike. Gletsers is nooit stil nie, dit kraak altyd iewers en met wat klink soos donderweer val daar van tyd tot tyd stukke ys af in die meer. Ons het die eerste dag sewe ure gesit en kyk na die gletser, en gewag dat stukke ys afskeur. Ons is paar keer beloon vir ons wag, dit is ´n indrukwekkende ervaring, sien die foto´s hieronder. Nooit gedink om te kyk hoe ys smelt kan so opwindend wees nie.
In El Calafate we visited the Perito Moreno glacier. This is a spectacular site. The glacier is never silent. You can always here something breaking, or ice splitting in the background. When a piece of ice breaks away and falls into the lake, it sounds like thunder. We spend 7 hours watching the glacier, waiting for a piece to break off. Never thought watching ice melt would be so exciting. See the pictures below.
Die volgende dag het ons saam met ´n toergroep op die gletser gaan stap. Die enigste kleur wat gletsers weerskaats is blou weens die prisma-effek. Dit is ´n pragtige kristalblou en kan gesien word in die ou ys wat diep in die gletser vasgevang is. Na afloop van ons ysstap is ons Whisky on Ice aangebied, geen tekort aan ys nie.
The next day we went for a walk on the glacier with a tour operater. The ice reflects only the colour blue from the spectrum and produces an amazing crystal colour. We were treated to some whiskey on ice after the walk. No shortage of ice around.
Wil verder noem dat die hostelle in Argentinië waar ons gebly het ons baie beindruk het. Dit was elke keer baie netjies en bekostigbaar, ´n plesier om daar te bly.

Nou is oppad Chile toe, nog ´n bus en die keer grondpad.




























Wednesday 12 September 2007

Bariloche - Argentinië

Bariloche is aan die weste kan van Argentinië. Die dorpie is reg langs ´n pragtige meer en word omring deur die Andes. Ons het drie dae hier spandeer waarvan ons twee dae geski het. Ons was bly dat die gesegde: "ski is soos fietsry" wel waar is, toe ons ski's die sneeu tref het ons onmiddelik weer ons ski bene gevind en was so gou as nou by die hange af. Dit was heerlik om weer te ski en ons kan noem dat ons esse (s'e) al kleiner word. Die hange en hysers is nie so goed versorg soos in Europa nie, maar die tipe ding pla ons nie juis nie. Die hange is wel baie breër en langer as die in Switzerland, ons bene was behoorlik lam as ons onder gekom het. Van die hange het mens ook ´n wonderlike uitsig oor die Andes en die verskeie mere in die omgewing, dit was dikwels moeilik om op die ski te konsentreer, want mens kan nie ophou om jou te verwonder aan die omgewing nie. Ons het besluit dat dit mooier is as Switzerland, die hoofrede is dat dit hier meer ongerep is wat ons verkies. Van hier af gaan ons verder suid, beloof om pragtig te wees maar ook vrek koud.

Bariloche is situated on the west of Argentina. The town is right next to a beautiful lake and is surrounded by the Andes. We spent three days here, two of them skiing. The slopes and lifts are not as well kept as in Europe, but the slopes offer spectacular views of the surrounding mountains and lakes. From here we will head down south which promise to be beautiful but extremely cold.

Van Deventers op die Cerro Cathedral ski hange en paar foto's van die uistig, wel nie naastenby wat dit is om dit te sien nie:

The Van Deventers on the slopes and some pictures of the view:








































































Die meer waarlangs Bariloche geleë is:

The lake next to Bariloche:






















Buenos Aires - Argentinië

Van Iquazo is ons Buenos Aires toe. Om eerlik te wees Buenos Aires is nie ´n baie mooi stad nie, maar steeds het die stad baie kultuur en 'n lekker atmosfeer. Dit is asof die stad agtergebly het in die vroeë 1900's toe die Argentynse ekonomie floreer het in hulle dae as die wêreld se hoof graanverskaffer. Die geboue is meestal oud en nie goed onderhou nie, maar mens kan tekens sien van eertydse weelde. Ons het meestal maar in die stad rondgedwaal, ´n "tango show" gaan kyk, koffie gedrink in ´n kafee wat al 150 jaar oud is ens.

From Iquazo we went to Buenos Aires. Not the most beautiful city in the world but it has it´s charm and lots of culture. It is as if the city stayed behind in the early 1900´s when the Argentinian economy was flourishing on the export of grains. Most buildings are old and not well kept, still there are signs of earlier grandure. We mostly roamed the streets, saw a tango show, drank coffee at a 150 year old cafe etc.











Die Vroue brug in BA
The Women´s bridge in BA
Ons het ook een nag gaan kuier in die plattelandse dorpie, San Antonio de Areca. Hier gebeur meeste van die tyd niks nie. Dis maar `n boere (of soos hulle hier bekend staan: Guacho´s) gemeenskap. Dit was lekker om ´n idee te kry wat in die platteland aangaan, het heerlike vleis hier geëet.
We also visited a town in the country, San Antonio de Areca.










Die mense eet hier karamel (Dulche de Leche) op alles, brood, roomys, koekies, net waar hulle kan of sommer so skoon. Onder andere gebruik hulle dit in Alfajores: dit is 'n toebroodjie van twee koekies met Dulcke de Leche tussen in gedoop in sjokelade. Dit is ´n baie soet besigheid en baie gewild word selfs op ide vliegtuig bedien. Die lekkerste wat ons geëet het was by ´n sjokelade winkeltjie in San Antonio de Areca wat dit self vervaardig.
They love caramel (Dulche de Leche) in Argentina, they have it with anything possible. Alfajores is a favourite made of Dulche de Leche sandwiched between two biscuits and dipped in choclate, a very sweet treat.
Ons kan nie genoeg kry van die vleis hier in Suid-Amerika nie, veral in Argentinië bederf ons onsself gereeld met ´n ete by ´n Parilla. Dit is ´n braai restaurant. Hulle braai letterlik die vleis in die restaurant en bedien dit by die borde vol, ons eet dat ons mae staan en lippe blink na agt maande se vleisdroogte in die VK!
We can not get enough meat after eight months in the UK!














In Argentinië drink die mense konstant Mate. Dit is 'n tipe blare tee en die smaak herinner mens baie aan tabak en dit is baie bitter. Dit word uit ´n spesiale bekertjie met ´n strootjie gedrink wat ´n siffie aan die onderkant het om te keer dat jy die blare drink. Die bekertjie word tot bo volgemaak met die Mate blare, bietjie kookwater word dan bygegooi en die tee gedrink, die proses word dan heeltyd herhaal. Tussen 'n groep mense sal net een bekertjie voorberei word en dan omgestuur word. Omdat hulle letterlik konstant Mate drink en daar heeltyd bietjies-bietjies water bygevoeg word, loop die mense met hulle Mate bekertjie in die een hand en ´n fles kookwater onder die ander arm rond. Ons moet erken, ons kry die Mate in ons lyf maar met heelwat suiker (glo hoe vrouens dit drink, maar Gert kan ook nie anders nie).
The Argentinians are constantly drinking a leave tea called Mate. They fill a special cup with the Mate leaves, then add a little bit of hot water and drink the brew through a metal straw with a filter on the end to keep the leaves behind.
Seeing as they drink Mate all the time you´ll often find a local walking around with a Mate cup in the one hand and a flask of hot water under the other arm. It is a very bitter drink and reminds one of tabacco, we managed to drink some of it, but only with loads of sugar.

Saturday 8 September 2007

Iquazo Valle - Brazilië/Argentinië

Die Iquazo valle is geleë op die grens van Brazil, Argentinië en Paraguay. Mens kan die valle van Brazilië en Argentinië besigtig, ons het van beide kante af gaan kyk. Van Brazilië sien mens die valle op ´n afstand wat vir jou ´n goeie geheelbeeld gee, terwyl mens baie naby kan kom aan die valle van die Argentinië kant af. Die valle is asemrowend en ons gaan nie verder met woorde probeer vertel nie, die foto´s is ook maar net ´n poging om die oorweldigende ervaring vas te vang.

Iquazo falls are situated on the border of Brazil, Argentina and Paraguay. One can view the falls from both the Brazil and Argentina side. From the Brazil side you get a brilliant panoramic view, while from the Argentinian side you can get real close to the falls. The falls are breathtaking and we won´t try to describe it in words any further, the photos below is also only an attempt to capture this magnificent site.


Van die Brazilë kant/From the Brazil side


Van die Argentinië kant/From the Argentina side



















Sunday 2 September 2007

Rio de Janeiro - Brazil

Ons toer het bietjie op ´n laagtepunt hier in Rio afgeskop. Ek (Marna) het ´n nierinfeksie opgedoen die week voor ons vertrek het. Na ´n kursus antibiotika het ek 100% gevoel, maar Sondag op die vliegtuig het ek weer olik geraak. In Rio aangeland het Gert my dadelik dokter toe geneem wat op sy beurt ons hospitaal toe gestuur het. Hulle het ´n reeks toetse gedoen en gevind my infeksie is nie so eenvoudig nie. Lang storie kort: ek is opgeneem, my eerste drip gekry, my eerste narkose en eerste operasie. Vier dae later is ek uit en loop ons uiteindelik in Rio se strate en op die strande rond. Ons moes ongelukkig die Brazil deel van ons toer bietjie aanpas en sien nou heelwat minder van die land as wat ons beplan het, maar ons vlieg Maandag Foz de Iquaso toe en sal dan weer op ons oorspronklike program wees.

Our tour kicked off with a bit of a glitch, Marna was treated for a kidney infection in the hospital, but after four days she was up again and we were roaming the beaches and streets of Rio. Rio has an awesome atmosphere and it is difficult to put the energetic vibe into words. Life in Rio is about the beach. Here you go to excersize, trade, relax with family and friends,.. even the bicycles have got fittings for the surfboards. We will basically miss the rest of our Brazil leg, but on Monday we fly out to Foz de Iguazu to continue with our original program.

Rio is ´n baie mooi stad, dit is geleë tussen berge en die see, dit is moeilik om te beskryf, die stad is net orals ingedruk. Sien die foto hieronder.

Hier is die stad van Sugarloaf Mountain afgeneem. Die lang strand aan die linkerkant is die alombekende Copacabana strand. Hier speel die mense Volleyball, Sokker en enige iets waaraan jy kan dink.











Ons op Copacabana:












Die stad is bekend vir sy strande, waarvan Copacabana die bekendste is, maar Ipanema staan nie terug nie. Die lewe in Rio draai rondom die strand, hier word handel gedryf, geoefen, familietyd spandeer, gekuier...fietse het selfs rakke op vir jou branderplank.

Sonsondergang op Ipanema

Die bekende standbeeld: Christo Redentor wat die stad sëen.













Die vrugte is onbeskryflik lekker. Mangoes uit ´n ander wêreld. Om elke hoek en draai is ´n winkeltjie waar jy vars sap en brood vars uit die oond kan koop. Natuurlik is die vleis hier ook watertand.













Ditjies en datjies wat ons opgelet het in Brazil:

  • Alle busbestuurders is ook aspirant formule 1 renjaers
  • Die Speedo is steeds hoogmode in Brazil
  • Die land is goedkoop in pond terme maar effens duur in rande.
  • Taxi´s kom nie almal met ABS remme of skokbrekers uit nie.
  • Al hoe jy kan agterkon dat dit winter is, is die feit dat dit 18:00 donker word.
  • Die Braziliane is ywerige atlete, maar niemand lyk dit nie.
  • Die lang wag by die robot word opgehelder deur 'n man wat op ´n drom staan en "juggle".
  • Skaapagtige poedels is orals op straat te siene.