Sunday 2 September 2007

Rio de Janeiro - Brazil

Ons toer het bietjie op ´n laagtepunt hier in Rio afgeskop. Ek (Marna) het ´n nierinfeksie opgedoen die week voor ons vertrek het. Na ´n kursus antibiotika het ek 100% gevoel, maar Sondag op die vliegtuig het ek weer olik geraak. In Rio aangeland het Gert my dadelik dokter toe geneem wat op sy beurt ons hospitaal toe gestuur het. Hulle het ´n reeks toetse gedoen en gevind my infeksie is nie so eenvoudig nie. Lang storie kort: ek is opgeneem, my eerste drip gekry, my eerste narkose en eerste operasie. Vier dae later is ek uit en loop ons uiteindelik in Rio se strate en op die strande rond. Ons moes ongelukkig die Brazil deel van ons toer bietjie aanpas en sien nou heelwat minder van die land as wat ons beplan het, maar ons vlieg Maandag Foz de Iquaso toe en sal dan weer op ons oorspronklike program wees.

Our tour kicked off with a bit of a glitch, Marna was treated for a kidney infection in the hospital, but after four days she was up again and we were roaming the beaches and streets of Rio. Rio has an awesome atmosphere and it is difficult to put the energetic vibe into words. Life in Rio is about the beach. Here you go to excersize, trade, relax with family and friends,.. even the bicycles have got fittings for the surfboards. We will basically miss the rest of our Brazil leg, but on Monday we fly out to Foz de Iguazu to continue with our original program.

Rio is ´n baie mooi stad, dit is geleë tussen berge en die see, dit is moeilik om te beskryf, die stad is net orals ingedruk. Sien die foto hieronder.

Hier is die stad van Sugarloaf Mountain afgeneem. Die lang strand aan die linkerkant is die alombekende Copacabana strand. Hier speel die mense Volleyball, Sokker en enige iets waaraan jy kan dink.











Ons op Copacabana:












Die stad is bekend vir sy strande, waarvan Copacabana die bekendste is, maar Ipanema staan nie terug nie. Die lewe in Rio draai rondom die strand, hier word handel gedryf, geoefen, familietyd spandeer, gekuier...fietse het selfs rakke op vir jou branderplank.

Sonsondergang op Ipanema

Die bekende standbeeld: Christo Redentor wat die stad sëen.













Die vrugte is onbeskryflik lekker. Mangoes uit ´n ander wêreld. Om elke hoek en draai is ´n winkeltjie waar jy vars sap en brood vars uit die oond kan koop. Natuurlik is die vleis hier ook watertand.













Ditjies en datjies wat ons opgelet het in Brazil:

  • Alle busbestuurders is ook aspirant formule 1 renjaers
  • Die Speedo is steeds hoogmode in Brazil
  • Die land is goedkoop in pond terme maar effens duur in rande.
  • Taxi´s kom nie almal met ABS remme of skokbrekers uit nie.
  • Al hoe jy kan agterkon dat dit winter is, is die feit dat dit 18:00 donker word.
  • Die Braziliane is ywerige atlete, maar niemand lyk dit nie.
  • Die lang wag by die robot word opgehelder deur 'n man wat op ´n drom staan en "juggle".
  • Skaapagtige poedels is orals op straat te siene.

3 comments:

Jan Louis said...

Hi Julle!

Lyk fantasties - die feit dat daar son is!!!

Bly jy is weer op die been, Marna. Ons het lekker geskrik toe ons hoor jy is hospitaal toe!

Rio lyk na n heerlike vakansie...

Mooi bly
Nicolette

Unknown said...

dit klink Fantasties! (het baie aan julle gedink met die sieke.. bly dit gaan nou weer goed)

mooi bly!
Stephen en Des

Unknown said...

Hi julle 2 crazy lovebirds/Christopher en Columbus! Rio lyk pragtig!
Marna, ek's bly jy is nou weer op en aan die gang. Weet regtig nie hoekom sulke weird goed jou moet oorkom nie?

Geniet die res en stuur nog baie foto's!
xxx
Landie