Monday 26 November 2007

Ho Chi Minh tot Nha Trang - Viëtnam

Ho Chi Minh City (HCMC)

HCMC (die voormalige Saigon) is die grootste stad in Viëtman en was die hoofstad van Suid-Viëtnam voor die land verenig is in 1975. Dit is 'n baie besige stad en ons het nog nooit soveel motorfietse gesien nie. Motorfietse is die hoof middel van vervoer in Viëtnam. Niks is te groot of te veel om vervoer te word met die fietse nie, dis ook goed vir gesinsvervoer, alhoewel 3 kinders saam met ma en pa 'n probleem raak.

HCMC (Formerly Saigon) is the biggest city in Vietnam. The main form of transport is motorbikes. In HCMC anything can be transported on a motorbike, although a family of five starts getting difficult.

Buiten dat jy aan die regterkant van die pad moet ry is daar nie veel verkeersreëls in Viëtnam nie, alhoewel die reël ook nie altyd gehou word nie. Sypaadjies is ook nie alleenlik vir voetgangers nie en word benut deur motorfietse om hoek te sny. Om 'n straat oor te steek in HCMC is angswekkend, jy begin maar net loop en dit is die motorfietsryer se verantwoordelikheid om jou te mis. Solank jy net 'n konstante pas handhaaf en nie skielike bewegings maak nie kan die bestuurders hulself koordineer en is daar nie veel probleme nie. In die rukkie wat ons in HCMC was het ons net twee ongelukke gesien waar twee motorfietse gebots het, maar omdat almal baie stadig ry (maksimum spoed is 30km/uur) is daar selde beserings of skade. Ek dink die rede dat die "minimum reël" polis werk vir hulle is omdat almal stadig ry en verdraagsaam is, dus nie 'n opsie vir Suid Afrikaanse padgebruikers nie. Sien heel onder 'n video van Gert wat die pad oorsteek in HCMC.

There aren't a lot of traffic rules. As long as you (mostly) keep to the right hand side of the road and do not hit the pedestrians, you can do just about anything. See video bellow on how to cross a road.

HCMC verkeer / traffic
















Piesang vrag / Banana load
















Gesin van vier / Family of four

















Die strate van HCMC / Streets of HCMC





Koffie in Viëtnam is 'n dik, soet bruin brousel en is baie sterk. Dit word met kondensmelk ipv melk en suiker bedien en jy kry altyd 'n kruie tee by, ons vermoed dit is om die balans in jou maag te herstel na die koffie - soos water na Espresso. Die tweede keer in Nha Trang het ons dit op ys gedrink wat dit baie beter gesmaak het.

Coffee in Vietnam is thick and strong. If you order 'Brown' coffee, they add condenced milk that makes it very sweet as well. You can counter all this by ordering ice with your coffee, this dilutes the broth a bit.



Nha Trang

Dit is 'n kusdorpie sowat 450km noord van HCMC af, bekend vir sy lang goue strande en ongelooflike duik plekke. Ons het 'n oornag trein hierheen geneem en 'n verwaaide strand met wilde bruin branders aangetref. Die dag voor ons aankoms was die laaste van 'n vierdag storm. Dus het daar nie veel gekom van ons planne om hier te swem en snorkel nie, maar steeds het ons dit geniet om deur die dorpie te drentel.

This is a small town about 450km to the north of HCMC, known for it's long golden beaches and idyllic dive sites. After an over night train we arrived in Nha Trang to find it soaking wet after a four day tropical storm hit the place. The beach was covered in litter and the huge brown waves didn't look too inviting.


Nha Trang kus / coast









Cham Ponagar temple / temple

















Nha Trang hawe / harbour





























Die hoogtepunt van Nha Trang was die heerlike seekos wat ons hier geëet het en wat dit nog lekkerder gemaak het is die feit dat dit spotgoedkoop was. Ons het gesmul aan garnale, kreef en seekat. Oor die algemeen is Viëtnamese kos heerlik en ons is al baie handig met die stokkies.

The highlight of Nha Trang was the seafood and the best of all, it is really cheap. In general food in Vietnam is good and we are getting the hang of the Chop Sticks.















Video van Gert wat pad oorsteek in HCMC

Video of Gert crossing a road in HCMC


Thursday 22 November 2007

Via die Suid See en verder - NZ, Aus, Fiji & Hong Kong

Ons pad van Suid-Amerika na Suidoos Asië het 'n vinnig besoek aan Auckland, Sydney en Hong Kong ingesluit. Omdat ons tyd beperk is het ons besluit om later in ons lewe deur New Zeeland en Australie te toer, dit is albei gemaklike lande wat ons ook op 'n gevorderde ouderdom kan geniet. Nietemin het onsbesluit om weg te glip Fiji toe vir 'n paar rustige dae tussen die Suid-Amerika en Suidoos Asië dele van ons toer.
We made our way from South America to South Eats Asia via the South Sea islands. As our time is limited we did not spend much time here for Australia and New Zeeland are easy countries to travel which we can do when we're old.

Auckland

Na 'n 13 uur vlieg het ons een dag en 4 ure later in Auckland geland. Ons het in totaal 2 dae hier deurgebring, meer as genoeg tyd om te besef dat daar baie is om te sien en doen in New Zeeland en dat ons definitief terug sal moet kom. Miskien in 2011 om die Bokke te ondersteun wanneer hulle die wêreldtitel verdedig. Ook was ons lank genoeg in Kiwi wêreld om te besef die nasie is meer rugbymal as enige ander, selfs Suid-Afrika. Jy kan enige iets onder die son koop in wit en swart, selfs golfballe in die vorm van 'n rugbybal. Tog bring niemand die afgelope wêreldbekertoernooi op in gesprekke nie ;o)
After a 13 hour flight we arrived one day and 4 hours later in Auckland. We only spent 2 days here and that was long enough to realise that we have to come back as there are lots to see and do. We also realised that the Kiwis are more rugby crazy than any other nation in the world, including South Africa.
















Fiji

Ons idee was om te 'rus' in Fiji, maar dit het nie gebeur nie. Ons kon nie uit die water bly nie. 80% van ons wakker ure het ons gesnorkel, gekayak, of geduik. Die oorblywende 20% van die tyd het ons geëet - die kos by ons oord was heerlik!

Fiji het 333 eilande. Ons het twee aande op die hoofeiland, Viti Levu, in die dorp Nadi deurgebring. Van daar af het ons met 'n boot na een van die Yassawa eilande gevaar, waar ons drie aande gekamp het. Ons het verder nog twee verlate eilande op eie stoom met kayake besoek.

Die mense van Fiji is baie vriendelik, as hulle uitvind ons is van SA, het hulle dadelik uitgeroep: 'World Champions!' en almal in hoorafstand ingelig van ons status. Hulle het ons wel laat verstaan dat Fiji net twee drieë agter is en dat ons in die toekoms sal moet ligloop. Ons sal veral op ons hoede moet wees as die Fiji vroue dalk begin rugby speel. Hulle sal formidabele voorspelers maak.

In Nadi het winkeleienaars ons uitgenooi vir die Kava ritueel. Die drankie lyk en smaak na modder water. Ons het maar lank gesluk aan die tweede rondte.

Ons het by die Mantaray oord gebly in die Yassawa eilande. Ons moes onsself knyp van tyd tot tyd om seker te maak dis werklik, want dit het gevoel asof ons in 'n vakansie brosjure leef. Daar is pragtige koraalriwwe, 'n paar meter van die strand af, waar ons gesnorkel het. Ons het talle kleurvolle tropiese visse gesien. Hoe groter die visse, hoe meer opgewonde was Gert en hoe meer kleure en patrone, ekself. Ons het drie keer gaan skubaduik en ook ongelooflike seelewe gesien ('n eksponensiële verbetering op die groen slym in Engeland waar ons gekwalifiseer het). As daar enige van julle is wat wik of weeg om 'n skuba kursus te doen, doen dit! Die onderwater wêreld is ongelooflik. Ek begin dink dat die tuin van Eden was onder die see.
Our idea was to rest in Fiji, but that did not happen as there was so much sun, sea and diving to enjoy.
Sydney
Op die lughawe al word hooggeskoolde persone genooi om in Australië te bly en werk, maar ons het besluit dat ons dit eerder nie sal doen nie, want dan gaan ons nooit teruggaan SA toe nie. In kort, ons het baie gehou van Sydney. Die stad is baie modern, skoon en goed ingerig. Orals draf mense en daar is baie sport fasiliteite. Dit is by verre die mooiste stad wat ons sover tydens ons toer besoek het, ek sal so ver gaan om te sê die mooiste stad waar ek nog was buiten Kaapstad en Pretoria in Oktober. Ons was net een dag in Sydney, het vroeg oggend in die park gaan draf met uitsig op die Opera huis, in die stad rondgeloop en Manley strand besoek met die "ferry".
We loved Sydney and decided that we will never go there to work for a while as we might not return to South Africa.
Hong Kong
Ons het die Suidelike halfrond verlaat en ons eerste stop in die Ooste was Hong Kong. Omdat ons Viëtnam toe via Hong Kong was, het ons besluit om 'n dag oor te bly.
Hong Kong in een woord: Bling! Dit is 'nbesige stad met baie neon ligte, wolkekrabbers, winkels en reuke - waarvan sommige aptytwekkend en ander het ons westerse mae laat draai, hierdie mense eet vreemde dinge. Ons het onsself besig gehou met inkopies (hier is nie juis veel meer om te doen nie) en ons verkyk aan al die nonsens wat hier te koop. Baie van die items (vir beide kinders en volwassenes) is met Hello Kitty versier. Ons moes oplet om nie die mense uit die aarde te loop nie, hulle is so klein jy kyk hulle maklik mis. Die hoogtepunt van ons kort besoek was die lig- en klankvertoning. Dit word elke aand 8 uur aangebied en is die grootste permanente lig-en klankvertoning in die wêreld. Verskeie geboue is met adissionele neon ligte versier en op die maat van musiek word dit gekombineer met kolligte en lazers in die vertoning.
Our flight to Vietnam was via Hong Kong, we decided to spend a day there. One word for Hong Kong: Bling!

Friday 9 November 2007

Santiago - Chile

Santiago

Santiago is ´n groot stad, maar ander as die vorige stede wat ons besoek het hier in Suid-Amerika is dit baie skoon, ek glo dit is toe te skryf daaraan dat Chile ´n vrou as president het. Selfs die Metro is baie skoner as die Underground in Londen. Die stad het ´n baie lekker atmosfeer en ons het ons kuiers hier baie geniet. Daar is duisende mense in die strate, maar dit wil voorkom asof hulle minder gejaagd is as in Londen aangesien hulle lang middagetes vat en rustig stap. In die strate is heelwat kunstenaars wat die vermaak wat na hulle lang middagete steeds paar minute het om te verwyl.

Mens kan enige iets onder die son by die sentrale mark koop, maar die vars seekos staan uit. Ons het hier by ´n restaurant lekker vars vis met Pisco Sours (plaaslike spiritus soortgelyk aan Gin) afgesluk terwyl ´n dame met ´n formidabele stem ons vermaak het met Spaanse balades.

Santiago is another large city in South America, but the one we liked most as it is very clean and has a great atmosphere. I believe this is attributable to the fact that the president is a female. Even the Metro is much cleaner than the Underground in London.
´n Bonus
Ons verlaat Suid Amerika met ´n vlug van Santiago af na Auckland toe. Daar is net een van die vlugte per dag en dit word dikwels oorgeboek. Ook ons vlug was oorboek, die lugredery bied ons toe $800 elk in vliegbewyse aan om nog ´n dag in Santiago te bly (volgende jaar toer ons weer!). Verder het hulle ons in die Sheraton ingeboek, met alle etes ingesluit, waar ons saam met al die staatshoofde van Suid Amerika wat hier is vir ´n konferensie tuis gegaan het. Ver bo ons vuurmaakplek. Hier is ons bagasie verpak in streepsakke op die trollie in die voorportaal, het maar skaam gelag vir onsself.
We leave South America with a flight from Santiago to Auckland. As usual with these long haul flights it was overbooked. We opted to stay another night in Santiago in return for $800 of travel vouchers each (will be travelling again next year!) as well as accommodation in the Sheraton, meals included. Here is our luggage in their "special" coatings on the trolley in the foyer. We had to laugh at ourselves.

Tydskrifstalletjie / News stand



















Varsprodukte op die mark
Fresh produce at the market



















Horcon


Horcon is ´n vissersdorpie sowat 3 ure van Santiago af. Dit was ´n baie lang busrit en wanneer jy dink die bus is nou oorvol, word net nog enetjie opgelaai. Dit is asof tyd hier stilgestaan het en herinner mens baie aan Paternoster aan die Weskus. Die vissersbote hier word met perde uitgesleep weens die styl helling van die strand. Meeue en Pelikane hang daar rond (ook ´n visruekie) in afwagting op ´n stukkie afval vis. Seekos is volop, goedkoop en heerlik. Ook die Empanadas (diep gebraaide pasteie) word hier gemaak met vars seekos.

Horcon is a fishing village about 3 hours from Santiago. A visit to this village is like going back in time and reminds one a lot of the West coast of South Africa.


































Valpraiso

Eens die hoofstad van Chile en vandag steeds die setel van die parlement. In sy fleur was die stad die hoof hawe vir skepe in die Stille oseaan. Na voltooing van die Panama kanaal en die koms van stoomskepe het die hawe sy aftrek verloor en verwaarloos geraak. Die stad se besonderse karakter en ligging aan die kus het vele kunstenaars oor die jare gelok wat die voortbestaan en restourasie van die dorp aangemoedig het. Onder andere het die bekende digter, Pablo Neruda, hier gebly. Die invloed van die kunste is oral te bespeur en die stad word geag die kulturele hoofstad van Chile te wees.

Once the capital of Chile and today still the home of the Chilean parliament. In it´s heyday it was the main port in the Pacific ocean, but after the completion of the Panama canal and the arrival of steam ships it lost a lot of it´s commercial value. The character and ambiance of the town however lured a lot of artists and today the town is considered the art capital of Chile.















Mendoza - Argentinië

Ons het ´n paar dae in Mendoza by ons program gevoeg met die hoofdoel om daar vleis te eet en wyn te drink. Mendoza is Argentinië se voorste wynstreek en die tuiste van Malbec, ´n rooiwyn kultivar eie aan Argentinië soos Pinotage aan Suid Afrika. Mendoza is ´n pragtige stad, die boomlanings aan weerskante van die strate herinner mens baie aan Stellenbosch. Ons het sommer baie tuis gevoel hier en besluit indien ons ooit Suid Afrika permanent moet verlaat, Mendoza ´n sterk oorweging sal wees. Ons het so 10km buite die dorp gekamp, elke aand vleis gebraai en deur die dag "bodegas" (wynplase) besoek of sommer net deur die mooi strate gedrentel.

We added a visit to Mendoza to our itinerary with the main purpose to eat meat and drink wine. Mendoza is Argentina´s main wine region and home of their own cultivar, Malbec. Mendoza is a beautiful town with tree lined streets that reminded us a lot of our home town, Stellenbosch. We camped about 10km out of town, ´"braai´ed" (barbecue) every night and visited "bodegas" (wine farms) during the day or just walked the streets.



Die strate van Mendoza / The streets of Mendoza




















Bodega Lopez































Plaza Espana



















Middagete by Casa Comer na bodega besoek
Lunch at Casa Comer after a bodega visit


























Aandete - Argetynse vleis. Heerlik!!!
Dinner - Argentinean meat. Delicious!!!




















Gert se baard het in Mendoza agter gebly
Gert left his beard behind in Mendoza




















La Paz - Bolivia

La Paz

Van Copacabana het ons vertrek na La Paz, die hoofstad van Bolivia, ook die hoogste hoofstad in die wêreld (3636m). Die stad is gebou in ´n vallei en word omring deur berge. Alhoewel die hoogte ons nie meer siek laat voel het nie, was ons lekker uitasem elke keer as ons paar trappe geklim het met die min suurstof.

From Copacabana we went to La Paz, the capital of Bolivia, also the highest capital in the world (3636m). The city is built in a canyon and surrounded by mountains. Although we did not get altitude sickness anymore, we were still out of breath whenever climbing steps.



















" The World´s most dangerous road" (WMDR)

Die wêreld se gevaarlikste pad was lank die tussen La Paz en Choroico, sowat 150 mense het per jaar op die roete gesterf. ´n Paar jaar gelede is ´n nuwe pad gebou wat die syfer dramaties laat afneem het, die pad wat nou die meeste lewens eis is iewers in China. Die pad val sowat 3000m in hoogte oor 64km. Ons het besluit om die ou WMDR met fietse te gaan ry saam met ´n agentskap. Om eerlik te wees, dit mag die gevaarlikste pad wees om te ry met ´n motor, maar niks angswekkend met ´n fiets nie. Ons is al veel erger "single tracks" af in die Kaapse berge. Nogtans is die omgewing pragtig en is dit groot pret om 3000m af te jaag op ´n fiets.
























Na ons ´n bussie teruggeneem het La Paz toe langs die nuwe pad, is ons van opinie dat die twyfelagtige eer van die wêreld se gevaarlikste pad gou terug sal keer na die omgewing. Massiewe grondverskuiwings is oral langs/oor die nuwe pad te siene en dit is net ´n kwessie van tyd voor dinge skeef gaan loop. (Verseker ´n goeie PhD opsie vir ´n siviele ingenieur.)

The world´s most dangerous road used to be the road between La Paz and Choroico. However a new road has been built and the "honour" now befalls another road in China. We decided to bike the old road. Although it might be dangerous for a car it is not really frightening on a bike. Still the scenery is beautiful and we enjoyed the 3000m vertical drop over 64km.




















Choroico

Ons het besluit om die aand agter te bly in Choroico, wat ´n heerlike tropiese klimaat en baie suurstof het. Het die volgende oggend in die koppe gaan rond stap voor ons teruggekeer het La Paz toe. Daar het ons op die pragtigste vlinders afgekom asook verskeie Coca plantasies (wettig in Bolivia).

We decided to spent the night in Choroico to enjoy the tropical climate and abundant oxygen. Went for a hike in die mountains where we saw beautiful butterflies and some Coca plantations (legal in Bolivia).


Coca plantasies /plantations.


























Lago Titikaka (2) - Bolivia

Copacabana
Sodra jy die Peru-Bolivia grens oorsteek is die kultuur en ekonomiese verskille duidelik sigbaar. Bolivia is selfs goedkoper as Peru. Vir 10 Bolivianos elk, sowat R9 of 70p, het ons ´n driegang maaltyd geniet, bestaande uit: sop, forel en jelly. Ons het twee nagte in Copacabana aan die Bolivia kus van Lago Tititkaka gebly.
Op die dorpsplein is ´n reuse wit katedraal waar mense op Sondae hulle voertuie laat seën. Dit sluit trokke, taxi´s, bakkies, karre, basies enige iets wat kan ry in. Die voertuig word versier met blomme, linte en tinsel, wat ook daar gekoop kan word. ´n Kas bier of vonkelwyn word nader gesleep. Die meerderheid word op die voertuig uitgegiet, ´n slukkie word geneem deur die eienaar en nabye familie wat die seremonie bywoon en dan ´n vrygewige sopie uitgegooi op die grond vir Pacha Mamma (Moederaarde). Hierdie is een van vele voorbeelde waar die Katolieke godsdiens met die plaaslike gelowe vermeng word.
Copacabana is a town on the Bolivian coast of Lake Titicaca. Bolivia is even cheaper than Peru, we enjoyed a three course meal for 10 Bolivianos each, about R9 or 70p. Every Sunday vehicles are brought from far and wide to be blessed in front of the white cathedral on the town square. The vehicles are adorned with flowers, ribbons and tinsel for the occasion.
Versiersel te koop vir die seën van voertuie.
Stalls to buy decoration for the blessing ceremony.
´n Voertuig uitgevat vir die seremonie.
A vehicle decorated for the ceremony.
In Copacabana, popcorn is BIG
Copacabana kus / Coast
Isla de Sol
Isla de Sol is twee ure per boot van Copacabana af. Volgens Inka mitologie is die eiland die plek waar hulle voorvaders uit die meer verreis het en daarom is dit steeds heilige grond vir die Inkas.
Two hours per boat from Copacabana you´ll find Isla de Sol. According to Inca mythology this island is where their forefathers rose from the lake and is therefore still holy ground to the Incas.
Isla de Sol


Inka ruïnes op Isla de Sol
Inca ruins on Isla de Sol

Thursday 8 November 2007

Lago Titikaka (1) - Peru

Puno

Puno is ´n redelike groot dorp aan die kus van Lago Titikaka (Titi = steen & Kaka = Puma), die hoogste bevaarbare meer in die wêreld. Daar is baie mites en legendes oor die meer onder andere dat die Inka voorvaders uit die meer verreis het. In die 1940´s het Jacques Cousteau met ´n duikboot die bodem van die meer verken en ´n tempel daar gevind, dit kan of die eertydse woning van die Inka voorvaders wees, terwyl ander meen dat dit die verlore stad van Atlantis is. Daar is heelwat eilande op die meer waar mense steeds woon wat ons besoek het.
Puno is a rather large town on the coast of Lake Titicaca (Titi = Stone & Caca = Puma), the highest navigable lake in the world.

Los Uros

Dit is die sogenaamde drywende eilande. Daar is ongeveer 40 van hierdie mensgemaakte eilande. Die eiland self, die huise met al die meubels daarin en ook hulle bote word alles van riete gemaak. Verder eet hulle dieselfde riete en maak vuur daarmee. Die Urosse het destyds gevlug van die Inkas en ´n heenkome gevind op hierdie eilande. Hulle eet buiten die riete darem ook vis en slaan deesdae goeie munt uit toerisme. Elke eiland huisves 3-4 gesinne, die oudste man is hoof van die eiland en as daar stry kom, gaan haal hulle bloot ´n groot saag en verdeel die eiland. As daar later versoening tussen die partye sou kom, word die eilande weer aanmekaar geheg.
These are man made islands that are constructed entirely of reeds, the inhabitants even eat the reeds and use it as fuel for cooking. There are around 40 of these floating islands on Lake Titicaca.
















































Amantani

Dit is ´n regte eiland so drie ure per boot van Puno af. Die mense hier bly in die grootste eenvoud. Die hoof aktiwiteit is landbou, maar hulle verbou meestal net genoeg vir eie gebruik en om te verruil vir ander noodsaaklikhede. Ons het by Ricardina en haar familie tuis gegaan. Sy het vir ons heerlike kos (80% papas = aartappels) gemaak op haar kleistofie. Ons het sleg gevoel om haar enigste messegoed en breekware te gebruik, terwyl sy en haar ouers op die vloer sit en met hulle hande eet. Ons het besef dat mens so min nodig het in die lewe, as ek net dink hoeveel borde en messegoed ons het. Die probleem is om terug te keer na die eenvoud as jy eers gewoond is aan meer.
This is a real island three hours per boat from Puno. The people live very simple lives and we were fortunate to share a home with a local, Ricardina, and her family.
Ricardina
Ricardina se huis / Ricardina´s house





Etenstafel / Dinner table
Ricardina se "nietos" (kleinkinders)
Ricardina´s "nietos" (grandchildren)





Uitsig vanaf hoogste punt op Amantani waar Pacha Pappa aanbid word.
View from the highest point on Amantani where Pacha Pappa is worshipped.


Landbou op Amantani / Agriculture on Amanatani

Ons met tradisionele Amantani uitrustings / Dressed in traditional Amantani clothes








Tequile

Dit is nog ´n eiland net ´n klipgooi van Amatani af. Die inwoners het interessant wette en gebruike. Byvoorbeeld wanneer ´n man in ´n meisie belang sou stel, sal hy haar met klippies gooi, na ´n tyd sal hulle begin gesels en as hulle van mekaar hou trek die meisie by die man se ouers in. As hulle binne 5 jaar twee kinders het mag hulle trou, indien nie en hulle wil saam wees moet hulle die eiland verlaat. Andersins word die verhouding verbreek en probeer hulle iemand anders. As hulle wel trou, hou die bruilof 7 dae lank aan, die bruid en bruidegom mag egter nie deelneem aan die feestlikhede nie, hulle mag nie dans, eet of selfs lag nie. Die huwelik is immers ´n ernstige saak. Op Tequile hou die inwoners by die drie hoof Inkawette:
  • Jy mag nie steel nie

  • Jy mag nie jok nie
  • Jy mag nie lui wees nie
Om hierdie rede kom werkgewers van so ver as Lima hierheen om werkers te werf.
Tequile is another island a few kilometres from Amantani. The people are very hardworking and the three main Inca laws still apply on this island:
  • Thou shall not steal
  • Thou shall not lie
  • Thou shall not be lazy
Tequile
















Inwoners van Tequile is nie lui nie
Residents of Tequile are not lazy
Weefkuns word deur vrouens beoefen terwyl die mans brei.
Women weave while the men knit.
Uitsig van Tequile / View from Tequile