Thursday 8 November 2007

Lago Titikaka (1) - Peru

Puno

Puno is ´n redelike groot dorp aan die kus van Lago Titikaka (Titi = steen & Kaka = Puma), die hoogste bevaarbare meer in die wêreld. Daar is baie mites en legendes oor die meer onder andere dat die Inka voorvaders uit die meer verreis het. In die 1940´s het Jacques Cousteau met ´n duikboot die bodem van die meer verken en ´n tempel daar gevind, dit kan of die eertydse woning van die Inka voorvaders wees, terwyl ander meen dat dit die verlore stad van Atlantis is. Daar is heelwat eilande op die meer waar mense steeds woon wat ons besoek het.
Puno is a rather large town on the coast of Lake Titicaca (Titi = Stone & Caca = Puma), the highest navigable lake in the world.

Los Uros

Dit is die sogenaamde drywende eilande. Daar is ongeveer 40 van hierdie mensgemaakte eilande. Die eiland self, die huise met al die meubels daarin en ook hulle bote word alles van riete gemaak. Verder eet hulle dieselfde riete en maak vuur daarmee. Die Urosse het destyds gevlug van die Inkas en ´n heenkome gevind op hierdie eilande. Hulle eet buiten die riete darem ook vis en slaan deesdae goeie munt uit toerisme. Elke eiland huisves 3-4 gesinne, die oudste man is hoof van die eiland en as daar stry kom, gaan haal hulle bloot ´n groot saag en verdeel die eiland. As daar later versoening tussen die partye sou kom, word die eilande weer aanmekaar geheg.
These are man made islands that are constructed entirely of reeds, the inhabitants even eat the reeds and use it as fuel for cooking. There are around 40 of these floating islands on Lake Titicaca.
















































Amantani

Dit is ´n regte eiland so drie ure per boot van Puno af. Die mense hier bly in die grootste eenvoud. Die hoof aktiwiteit is landbou, maar hulle verbou meestal net genoeg vir eie gebruik en om te verruil vir ander noodsaaklikhede. Ons het by Ricardina en haar familie tuis gegaan. Sy het vir ons heerlike kos (80% papas = aartappels) gemaak op haar kleistofie. Ons het sleg gevoel om haar enigste messegoed en breekware te gebruik, terwyl sy en haar ouers op die vloer sit en met hulle hande eet. Ons het besef dat mens so min nodig het in die lewe, as ek net dink hoeveel borde en messegoed ons het. Die probleem is om terug te keer na die eenvoud as jy eers gewoond is aan meer.
This is a real island three hours per boat from Puno. The people live very simple lives and we were fortunate to share a home with a local, Ricardina, and her family.
Ricardina
Ricardina se huis / Ricardina´s house





Etenstafel / Dinner table
Ricardina se "nietos" (kleinkinders)
Ricardina´s "nietos" (grandchildren)





Uitsig vanaf hoogste punt op Amantani waar Pacha Pappa aanbid word.
View from the highest point on Amantani where Pacha Pappa is worshipped.


Landbou op Amantani / Agriculture on Amanatani

Ons met tradisionele Amantani uitrustings / Dressed in traditional Amantani clothes








Tequile

Dit is nog ´n eiland net ´n klipgooi van Amatani af. Die inwoners het interessant wette en gebruike. Byvoorbeeld wanneer ´n man in ´n meisie belang sou stel, sal hy haar met klippies gooi, na ´n tyd sal hulle begin gesels en as hulle van mekaar hou trek die meisie by die man se ouers in. As hulle binne 5 jaar twee kinders het mag hulle trou, indien nie en hulle wil saam wees moet hulle die eiland verlaat. Andersins word die verhouding verbreek en probeer hulle iemand anders. As hulle wel trou, hou die bruilof 7 dae lank aan, die bruid en bruidegom mag egter nie deelneem aan die feestlikhede nie, hulle mag nie dans, eet of selfs lag nie. Die huwelik is immers ´n ernstige saak. Op Tequile hou die inwoners by die drie hoof Inkawette:
  • Jy mag nie steel nie

  • Jy mag nie jok nie
  • Jy mag nie lui wees nie
Om hierdie rede kom werkgewers van so ver as Lima hierheen om werkers te werf.
Tequile is another island a few kilometres from Amantani. The people are very hardworking and the three main Inca laws still apply on this island:
  • Thou shall not steal
  • Thou shall not lie
  • Thou shall not be lazy
Tequile
















Inwoners van Tequile is nie lui nie
Residents of Tequile are not lazy
Weefkuns word deur vrouens beoefen terwyl die mans brei.
Women weave while the men knit.
Uitsig van Tequile / View from Tequile


1 comment:

Rehan Kruger said...

Ek sou nooit in my lewe eers kon dink dat die dinge en mense wat jul sien en beleef bestaan nie. Dis regtig ongelooflik.