Wednesday 24 October 2007

Cusco & Machu Picchu - Peru

Cusco

Dit is die toeriste mekka van Peru, maar ten spyte van die toeriste is dit ´n baie "charming" dorp. Cusco was die hoofstad van die Inka ryk voor die Spanjaarde dit ingeneem het. Daar is baie Inka ruïnes in en om die stad wat getuig van ´n ryk Inka geskiendenis.

Ons het eendag saam met ´n agentskap van Cusco af gaan "raft". Die stroomversnellings was nou nie die van die Zambezi nie, maar dit was ´n lekker uitstappie, net ongelooflik koud. Het nie foto´s hiervan nie.

Cusco is the tourist mecca of Peru, it was the capital of the Inca empire before Spanish conquest. There are numerous Inca ruines around the city portraying the rich Inca heritage.


Meeste Inka geboue is vernietig deur die Spanjaarde, maar sommige plekke het die Spanjaarde bo-op die ou Inka mure gebou.
Most Inca buildings were destroyed by the Spanish, however some places the Spanish built on the old Inca walls.


















Cusco strate kan jou nogal uit asem laat teen 3400m.
Cusco streets leaves you breathless at 3400m.























Peruviaan met haar Llamas
Peruvian with her Llamas



















Hier gebruik mense nie lemmetjies draad om hulle eiendom te beveilig nie, maar kaktusse word op die muur geplant.

Barbwire is not used to protect one´s propery, they rather plant cactus on the walls.



















Ollantaytambo

Omdat dit baie duur is om direk van Cusco met die trein Aguas Calientes (waarvandaan jy Machu Picchu besoek) toe te ry, het ons met ´n bus na Ollantaytambo gery waar ons ´n goedkoper trein kon kry. Ons het paar ure daar deurgebring en die Inka ruïnes in die omgewing besoek. Ons het ons verwonder aan die reuse granietblokke wat die Inkas uitgekap het en besef Machu Picchu gaan iets besonders wees.

As the direct train from Cusco to Aguas Calientes (from where Machu Picchu is reached) is very expensive, we took a bus to Ollantaytambo and a cheaper train from there. We had a few hours there and went to the local Inca ruines. We were amazed by the huge granite blocks used by the Incas.

Wie weet hoe die Inka´s hierdie granietblokke beweeg het, daar is sommiges wat meen dat hulle die krag van "levitation" gebruik het.

Who knows how the Incas moved these blocks of granite, some say it was by using the power of levitation.














































Spasies word in die mure ingebou vir stoorplek.
Spaces were built in the walls for storage.
























Machu Picchu

Ons het 04:00 in Aguas Calientes begin stap aan die 3.5km na die argeologiese perseel. Meeste van die pad is trappies, saam met die klim van Wayna Picchu en die pad terug het ons uitgewerk moes ons ongeveer 7000 trappe geklim het die dag.
Machu Picchu is gebou op ´n plato tussen twee groot pieke en omring deur valleie, dus baie moeilik om te bereik. Dit is die rede dat die stad eers in 1911 deur westerse argeoloë ontdek is, let wel daar het drie plaaslike families gebly toe dit "ontdek" was. Behalwe dat die ligging baie strategies is, is dit ook in ´n posisie naby aan hulle gode, die son en die maan. Daar is verskeie tekens dat die inwoners die stad verlaat het voor dat dit voltooi was, daar is twee teorieë hieroor. Sommiges meen ´n epidemie het onder die inwoners uitgebreek, terwyl ander vermoed dat die nuus van die Spanjaarde wat besig was om die Inka ryk uit te roei hulle bereik het en hulle die Amazone ingevlug het.

Die Inka bouvernuf is prysenswaardig, dit is ongelooflik met watter presisie hulle stene uitgekap en gepak het, geen sement is gebruik nie. Dit moes ongelooflike harde werk gewees het om die stad te bou. Ons vertel verder aan die hand van foto´s.

We started the climb to Machu Picchu from Aguas Calientes at 04:00, most of the way is steps. Together with climbing Wayna Picchu we calculated that we climbed about 7000 steps on the day.

Machu Picchu is located very strategicaly on a plateau surrounded by mountains and valleys, this the reason for it only being discovered in 1911, keep in mind there were three local families that lived there at the time it was "discovered".

The Inca craftmanship is astounding, it is amazing to see with what precision rocks were shaped and stacked (no cement used). See photo´s below.


Die alombekende poskaart uitsig oor Machu Picchu (Ou berg) met Wayna Pichu (Jong Berg) in die agtergrond. Op die 2e foto kan jy mooi die regaf kranse sien wat Machu Picchu omring.


The well-known postcard view of Machu Picchu (Old Mountain) with Wayna Picchu (Young Mountain) in the background. The high cliffs surrounding Machu Picchu are well displayed on the second photo.
































Ons bo-op Wayna Picchu
On top of Wayna Picchu.

















Die trappies na Wayna Picchu. Die Inkas het nie hoogtevrees geken nie.

The steps up to Wayna Picchu. The Incas did not know the fear of hights.




Daar is soveel hoekies, draaitjies en venstertjies, enige fotograaf se droom. Hier is paar van ons "snappies".

There are so many nooks and crannies, any photographers dream, here are some of our "snappies".






















































Die uitsig op Machu Picchu van Wayna Picchu af, let op na die ligging dit sou byna onmoontlik gewees het om die stad in te neem.
The view on Machu Picchu from Wayna Picchu, note the setting it would be almost impossible to invade the city.

















Pisac

Ons het ook die ruïnes naby Pisac gaan besoek. Dit is ´n minder bekende perseel as Machu Picchu, maar ook baie interessant. Hier moes hulle baie intensief geboer het as jy kyk na die rye en rye terasse.

We also visited the ruines near Pisac. This site is less known than Machu Picchu, but also very interesting. Here they must have farmed intensively as there are rows and rows of terraces.




















No comments: