Wednesday 24 October 2007

Amazone - Peru

Ons het 4 dae en 3 nagte in die Refugio Amazonas Lodge gebly, twee en 'n half ure per boot van Puerto Maldonado af. Dit was lekker om die eerste keer sedert Brazil ordentlik warm te kry.

Refugio Amazonas is 'n pragtige lodge, by verre die mees luukse verblyf wat ons tot dusver gehad het. Die kamers het net drie mure en ipv deure is net linne gordyne voor die ingang gehang. Dus voel mens die bos is altyd naby. Behalwe vir die akkomodasie was die kos ongelooflik!

We spent 4 days and 3 nights in a beautiful lodge in the Amazon, the most luxurious accomodation we had so far on our trip, eventhough the rooms only had 3 walls.

Ons kamer/ Our room




















"Chilling"






















Die plantegroei is alles en meer wat mens verwag. Kort-kort loop jy plante raak wat in Suid Afrikaanse tuine groei, want baie van ons tuinplante is van Suid-Amerika ingevoer, hier in die Amazone is alles net baie groter en groei meer welig.


Gert by ´n Wurgvy / Gert with a Strangler Fig


















Ook die voëllewe is nimmereindig en hul vere van alle kleure. Ons het pragtige voëls gesien, onder andere ´n paar soorte Macaws (die groot seerower pappegaaie). Dit is ´n belewenis om hulle te sien in die vrye natuur, veral in vlug. Ons weet nie wat mense besiel het om die voëls in koutjies op te sluit nie. Weens die ruig plantegroei het ons nie veel dierelewe gesien nie, wel ´n paar soorte apies en ook Capibaras, die grootste knaagdier in die wêreld.

The bird life is spectacular. It is an experience to see the big Macaws in full flight in their natural habitat. Due to the dense vegetation, we saw very few mammels, only a few species of apes and the Capibara, the biggest rodent on earth.

Macaw mbv verkyker / Macaw through binoculars























In die area waar ons was groei daar baie Brazilneutbome. Brazilneute of Castanas (Spaans) word nie verbou nie, aangesien mense nie die bome aan die groei kan kry nie. Alle Brazilneute word in die natuur opgetel. Dit groei nie aan die bome in die doppe wat mens ken nie. Die bome dra groot "coco´s", amper soos klapperneute sonder die hare. As dit oopgekap word is daar ongeveer 20 Brazilneute soos ons dit ken in. Die brazilneute is heerlik vars, ons het bitter baie daarvan geëet.

Around the lodge are a lot of Brazil nut trees. They cannot be cultivated and all the trees occur naturally in the forest.


Brazilneut coca´s / Brazil nut cocas






















Wat my altyd sal bybly is die geluide en reuke van die Amazone, dit is nooit stil nie, maar ook raas dit nooit nie.

Die Bosvloer / The forest floor

























Die bosdak / The forest canopy.






















Hier het ons Piranhas probeer vang, net die gids het een gekry.

Here we tried to catch some Piranhas, only the guide succeeded.





















Piranhas is heelwat kleiner as wat ek gedink het, een sal jou darem nie kan dood maak nie, maar jy het probleme as ´n skool op jou afkom.

Piranhas are much smaller than I anticipated, one won´t kill you, but beware if a school finds you.






















Gert in aksie saam met die "locals", hier in die bos is die mense ook sokkermal.

Gert in action with the locals, even in the forest the people are crazy about soccer.









2 comments:

Rehan Kruger said...

Wow! Dit lyk ONGELOOFLIK!

Jean-Marie Schoeman said...

Hi, dit lyk baie cool. Die papgaai is mooi, dink julle moet 1 vang en dit saam terug bring.