Monday 15 October 2007

Cordilleras Blanca - Peru

Lima

Van Santiago af het ons Lima toe gevlieg. Met eerste oogopslag is die opinies van vorige besoekers met wie ons al gesels het bevestig en het ons besluit om so gou as moontlik aan te beweeg. Ons het rondom middagete geland, maar die vroegste bus Huaraz toe waarop ons plek kon kry het eers die aand 21:30 vertrek. Dus moes ons ´n halwe dag verwyl in hierdie grou stad waar die son nooit skyn nie (letterlik).


Die verkeer in Lima is mal. Tussen die lughawe en busstasie het ons seker ´n half dosyn noue ontkominge gehad, elke keer het ons drywer maar net gelag, gesug: "Lima traffic" en getoet. Almal toet die heeltyd, maar dit is ´n Peru ding want ons het dieselfde gevind in Huaraz, die enigste verskil dat dit oorverdowend is in Lima aangesien hier duisende voertuie is.


Ons het bietjie rond gedwaal en toe ons onsself kon kry was ons op die Plaza de Armas tussen ´n skare mense met ietsie pers êrens, ´n rok, das, krale, strikkie ens. Tussen ons toerboek en ´n gesprek met ´n Spaanse Limaan (waarvan ons 1 uit 20 woorde verstaan het en elke 5 woorde geknik het) het ons geleer dat die verwagte optog een van verskeie "Our Lord of Miracles" feesvieringe gedurende Oktober is. Dit was duidelik dat al die perses iets te wagte was en omdat ons nog paar ure gehad het voor ons bus sou vertrek, het ons ook maar gewag. Na ons boude al deur gesit was op die sypaadjie het ´n koperblaasorkes aangekondig dat die aksie gaan begin. Teen ´n slakkepas ´n prosessie van kerklei ´n skildery van Christus in ´n dik goue raam om die plaza gedra vooruitgegaan deur vrouens wat wierook brand en treurige liedjies sing. Die skildery is die enigste item uit die Las Nazarenas kerk wat tydens ´n aardbewing in 1655 ongedeurd gebly het. Die Peruviane glo dat dit ´n wonderlik werk was en daarom word die optog jaarliks gehou. Dit is duidelik te siene op die draers se gepynigde gesigte dat die skildery byna ´n ton weeg. Dit is ´n baie emosionele toneel vir die toeskouers, baie is in trane.


Lima is a horrible city as many other travellers have warned us. What brightened the half day we had to spent here was a procession that is part of the "Our Lord of Mircales" festivities.


Die Christus skildery/The portrait of Christ




















Inca Kola is ´n Peruviane se trots, die slagspreuk op die advertensie sê: "the creativity identified to us", ironies genoeg word dit besit deur Coca Cola.
Inca Kola is the pride of Peruvians, the slogan below says: "the creativity identified to us", ironically it is owned by Coca Cola.



























Huaraz

Huaraz is die hoofdorp van die Cordilleras Blanca streek. Die dorp word omring deur die Andes. Ons het hierheen gekom om in die berge te stap en ons plan was om die bekende 4-dag Santa Cruz roete aan te pak. Ons het dit genoem aan ons hostel eienaar wat ons toe van ´n ander roete vertel het met baie minder toeriste, Jo´s trek, wat volgens hom baie mooier is en net ´n bietjie moeiliker. So het dit gekom dat Jo van Jo´s place ons oortuig het om Jo´s trek te gaan stap.

Die middag van ons aankoms het ons in die dorp gaan rond stap en is begroet met ´n kleurvolle dansende fiesta. Ons was baie beindruk met die jong mense se energieke passies teen ´n hoogte waar ons hyg as ons 5 trappe geklim het.

´n Ander ding wat opvallend was in Huaraz is dat hulle gedurig klappers skiet, elke dag van die week enige tyd van die dag of nag. Niemand met wie ons gesels het weet juis hoekom nie.
Huaraz omring deur die berg/Huaraz surrounded by the mountains
Siesta
Die kleurvolle fiesta/The colourful fiesta
Laguna 69
Om te help aklimatiseer voor ons 3 dag "trek" het ons eers ´n dagstap gedoen. Jo het die dagstap aanbeveel (ons toerboek het die keuse bevestig, daar word wel geen melding gemaak van Jo´s trek nie) . Die laaste kilometer of wat het ons harde klippe gekou en moes elke 20m stop om ordentlik asem te skep, want die lug is bitter dun. Op 4750m is ons beloon met ´n pragtige blou meer omring deur gletsers en sneeubedekte berge.
To acclimatise we first did a one day trek to the beautiful Laguna 69, before taking on the 3 day trek.
Jo´s trek
Gewapen met ´n kontoerkaart wat Jo vir ons gegee het en notas vir die roete, het ons ons sakke gepak en vertrek. Die roete behels basies dat jy op dag een in ´n vallei opstap en dag twee ´n pas (5100m) oorsteek om dag drie in ´n ander vallei terug te stap.
Die valleie is pragtig, daar is orals waterstrome en die berge toring bo jou uit. Die eerste dag het ons baie gemaklik gestap en het net die laaste kwart van die pad swaar begin kry toe ons begin styg het. Lekker moeg het ons tent opgeslaan langs ´n waterstroompie en het net betyds ingetrek voor dit begin reën het. Ek moet erken ek was nogal beindruk met die tentjie wat ek op E-bay gekoop het vir ´n "Tenner".
The route entails walking up one valley on day one, crossing the pass on day two to walk back down another valley on day three.
Day one was rather easy apart from the last bit when we started to rise. Tired we pitched our tent just in time to avoid the rain.
Ons het opgestaan in sonskyn en was baie opgewonde om die pas oor te steek. Alles het goed gegaan, weereens net kortasem. Na ´n uur en bietjie se klim het ons blertsies sneeu gekry en baie opgwonde foto´s geneem, min het ons geweet dat kort daarna ons in kniediep sneeu sou stap terwyl dit ook sommer begin sneeu, het want die bloue lug van die oggend het verdwyn. Soos dikwels die geval met hoë berge is die bo-kant bedek met los rotse, wat nie normaalweg ´n probleem is nie, maar wat ons stap moeilik gemaak het, was die dik sneeu wat keer dat jy kan sien waar klippe is en of dit los is. Wat die gedeelte verder ongemaklik gemaak het, is dat ons nie ordentlike stapskoene het nie, maar Solomon Aquarius skoene, wat basies tekkies gekruis met plakkies is: dus glad nie warm nie. Met die nuwe uitdagings was die min lug vergete. Ons het baie stadig gevorder, maar is bly om te kan sê ons het veilig bo gekom en weer veilig af in die ander vallei, want met die af-slag het die sneeu swaarder begin val, wat dit moeilik gemaak het om die pad te vind en dit was baie glad. Na ´n "river crossing" in die vallei het ons ´n lekker plekkie gevind en verlig na die dag se avonture ons tentjie opgeslaan. Ons het toe verstaan waarom daar min toeriste op die roete is, om die waarheid te sê ons het geen ander mens teëgekom in die 3 dae nie. Hierdie was een van daardie ervaringe wat verhouding bou, ons het dit gemaak!
The second day started off bright and sunny but soon we where knee deep in snow with our Solomon Aquarius sandals, struggling to see the boulders we had to cross to reach the top of the pass. We were greatful that in the end we crossed safely and could pitch our tent after a day packed with adventure.
Dag drie was selfs ´n mooier oggend as die vorige ten spyte daarvan dat ons tentjie gevries was, maar die keer het die mooi weer ons uit die vallei gesien. Dit was ´n rustige stap en teen 15:00 het ons The Way Inn Lodge bereik. Ons het onsself ´n bier daar belowe en na twee slukke besluit om daar te oornag. Dit is ´n pragtige plek, weggesteek in die berge, ideaal om net rustig te wees. Ons het die heerlikste ete van ons toer hier geniet en ´n baie interessante Deense paartjie ontmoet.
Day three was a beautiful day and stayed that way. It was an easy walk out of the valley and we spent the night at the Way Inn Lodge at the end of the trek.
Tydens ´n aardbewing in 1940 het ´n reuse gletser uit die berge los geskeur en in die meer aan die bo-punt van die vallei geval en die walle gebreek het. Dit het veroorsaak dat massas water en modder in die vallei afgespoel en Huaraz byna uitgewis het. Op die foto kan jy die gletser en die gat in die wal sien.
During an earthquake in 1940 a massive glacier broke from the mopuntain and fell into the lake at the top of the valley. This caused the walls of the lake to break and tons of mud and water rushed downed the valley and demolished most of Huaraz. On the photo below you can see the glacier and the hole in the wall.
Way Inn lodge
Die volgende dag was die plan om af te stap na ´n nabygeleë dorpie en daar ´n bussie te kry terug Huaraz toe, maar ons het dit so baie geniet om deur die dorpies en landbou aktiwiteite te drentel dat ons al die pad tot in Huaraz gestap het. Sondag was ons net rustig en bly om te kon kyk hoe die Bokke hulle weg oop speel na die finaal. Die aand het ons met ´n deurnag bus teruggekeer na Lima waarvandaan ons na Peurto Maldonado in die Amazone vlieg, van Deventers in die berge na Deventers in die bos.
The following day we walked back to Huaraz through villages and enjoyed watching the farming activities.
Die pad terug na Huaraz/The way back to Huaraz
´n Peruviaanse vrou, hulle kleredrag is soortgelyk aan die vrouens in Bolivia maar die hoede is anders.
A Peruvian woman, the dress is similar to the Bolivian women but the hats differ.
Coke stop

No comments: