Thursday 4 October 2007

Woestyn tot Soutpanne - Chile & Bolivia

San Pedro de Atacama

´n Oase in die woestyn wat sy voortbestaan te dankie het aan toerisme, want behalwe vir die pragtige dorre landskap is hier en groei hier niks nie. Steeds het die stofstrate en klei geboue baie karakter en voel dit soos ´n verlore wêreld as mens daar ronddwaal.

An oasis in the dessert existing solely for tourism as apart from the beautiful barren landscape there is nothing there. Still the dirt streets and clay buildings have a lot of charm and it feels like you are in a lost world when wandering the streets.
Die kerkie in San Pedro de Atacama / The church in San Pedro de Atacama

















Jeep Toer

Van San Pedro af het ons aangesluit by ´n Jeep toer deur die suide van Bolivia tot sover as die Uyuni soutpan, die grooste soutpan in die wêreld (10500 vierkant ´n km, sowat 10 biljoen ton sout).

San Pedro op 2400m is ´n uur se ry van die Bolivia grens op 4500m. Jou gestel kom in opstand om in so kort periode meer as 200m te styg, die res van die dag was ek olik, Gert se lyf het dit beter gevat maar steeds was hy nie 100% nie. Die eerste dag het ons die 450km na Uyunie in 9 ure afgelê met Roland, ons gids, aan die stuur. In die daaropvolgende 3 dae het die "scenic route" ons teruggeneem tot in San Pedro. Vir ´n dag lank het ons oor die soutpan gery, wit sover jy kan sien. Die laaste 2 dae het ons verby ongelooflike berge, mere (van verskeie kleure), volkane, geysers en baie niks gery. Sommige niks is mooier as ander niks. Elke nou en dan het ons op ´n dorpie afgekom wat op die oog af verlate was behalwe vir ´n verdwaalde Llama (korrekte uitspraak "Jama", ll=j in Spaans) of twee. Dit is ´n fotograaf se droom.

Saam in ons groep was vier Switserse meisies met wie ons goed bevriend geraak het, het blyplek vir ons volgende ski vakansie. Die hoogte het gewissel tussen 3500m en 5050m, die hoogste wat enige van ons al ooit was. Lede van ons geselskap het om die beurt siek geraak (behalwe Gert), gelukkig was my beurt na dag een verby. Die plaaslike raad vir hoogtesiekte is Coca blare, na ´n dag van siek wees heet een van die Switserse meisies haar tot ´n aftreksel van die blare gewend. Weet nie hoe sy dit in haar lyf gekry het nie want die reuk het my byna van voor af siek gemaak.

Hier is ´n paar van die 400 foto´s wat ons geneem het.

From San Pedro we joined a Jeep tour for 4 days driving through the south of Bolivia as far as the Uyuni salt flats. As die route took us as high as 5050m we experienced some altitude sickness, still it was worthwhile as the scenery was breathtaking. In our group were four Swiss girls that we befriended, have a place to stay for our next ski trip.
Here are some of the 400 pictures we took.

Op die Uyuni soutpan / The Uyuni salt flats































Laguna Blanco
















Laguna Colorado, die pienk is alge/the pink is algae















Geysers


















Kerkie in een van die dorpies waar ons aangedoen het

A church in one of the villages we visited

















Boliviaanse vrouens op die Uyuni mark

Bolivian women on the market in Uyuni.
















Llamas


1 comment:

Unknown said...

Stunning Foto's, net soos National Geographic! geniet dit.
Stephen en Des