Thursday 22 November 2007

Via die Suid See en verder - NZ, Aus, Fiji & Hong Kong

Ons pad van Suid-Amerika na Suidoos Asië het 'n vinnig besoek aan Auckland, Sydney en Hong Kong ingesluit. Omdat ons tyd beperk is het ons besluit om later in ons lewe deur New Zeeland en Australie te toer, dit is albei gemaklike lande wat ons ook op 'n gevorderde ouderdom kan geniet. Nietemin het onsbesluit om weg te glip Fiji toe vir 'n paar rustige dae tussen die Suid-Amerika en Suidoos Asië dele van ons toer.
We made our way from South America to South Eats Asia via the South Sea islands. As our time is limited we did not spend much time here for Australia and New Zeeland are easy countries to travel which we can do when we're old.

Auckland

Na 'n 13 uur vlieg het ons een dag en 4 ure later in Auckland geland. Ons het in totaal 2 dae hier deurgebring, meer as genoeg tyd om te besef dat daar baie is om te sien en doen in New Zeeland en dat ons definitief terug sal moet kom. Miskien in 2011 om die Bokke te ondersteun wanneer hulle die wêreldtitel verdedig. Ook was ons lank genoeg in Kiwi wêreld om te besef die nasie is meer rugbymal as enige ander, selfs Suid-Afrika. Jy kan enige iets onder die son koop in wit en swart, selfs golfballe in die vorm van 'n rugbybal. Tog bring niemand die afgelope wêreldbekertoernooi op in gesprekke nie ;o)
After a 13 hour flight we arrived one day and 4 hours later in Auckland. We only spent 2 days here and that was long enough to realise that we have to come back as there are lots to see and do. We also realised that the Kiwis are more rugby crazy than any other nation in the world, including South Africa.
















Fiji

Ons idee was om te 'rus' in Fiji, maar dit het nie gebeur nie. Ons kon nie uit die water bly nie. 80% van ons wakker ure het ons gesnorkel, gekayak, of geduik. Die oorblywende 20% van die tyd het ons geëet - die kos by ons oord was heerlik!

Fiji het 333 eilande. Ons het twee aande op die hoofeiland, Viti Levu, in die dorp Nadi deurgebring. Van daar af het ons met 'n boot na een van die Yassawa eilande gevaar, waar ons drie aande gekamp het. Ons het verder nog twee verlate eilande op eie stoom met kayake besoek.

Die mense van Fiji is baie vriendelik, as hulle uitvind ons is van SA, het hulle dadelik uitgeroep: 'World Champions!' en almal in hoorafstand ingelig van ons status. Hulle het ons wel laat verstaan dat Fiji net twee drieë agter is en dat ons in die toekoms sal moet ligloop. Ons sal veral op ons hoede moet wees as die Fiji vroue dalk begin rugby speel. Hulle sal formidabele voorspelers maak.

In Nadi het winkeleienaars ons uitgenooi vir die Kava ritueel. Die drankie lyk en smaak na modder water. Ons het maar lank gesluk aan die tweede rondte.

Ons het by die Mantaray oord gebly in die Yassawa eilande. Ons moes onsself knyp van tyd tot tyd om seker te maak dis werklik, want dit het gevoel asof ons in 'n vakansie brosjure leef. Daar is pragtige koraalriwwe, 'n paar meter van die strand af, waar ons gesnorkel het. Ons het talle kleurvolle tropiese visse gesien. Hoe groter die visse, hoe meer opgewonde was Gert en hoe meer kleure en patrone, ekself. Ons het drie keer gaan skubaduik en ook ongelooflike seelewe gesien ('n eksponensiële verbetering op die groen slym in Engeland waar ons gekwalifiseer het). As daar enige van julle is wat wik of weeg om 'n skuba kursus te doen, doen dit! Die onderwater wêreld is ongelooflik. Ek begin dink dat die tuin van Eden was onder die see.
Our idea was to rest in Fiji, but that did not happen as there was so much sun, sea and diving to enjoy.
Sydney
Op die lughawe al word hooggeskoolde persone genooi om in Australië te bly en werk, maar ons het besluit dat ons dit eerder nie sal doen nie, want dan gaan ons nooit teruggaan SA toe nie. In kort, ons het baie gehou van Sydney. Die stad is baie modern, skoon en goed ingerig. Orals draf mense en daar is baie sport fasiliteite. Dit is by verre die mooiste stad wat ons sover tydens ons toer besoek het, ek sal so ver gaan om te sê die mooiste stad waar ek nog was buiten Kaapstad en Pretoria in Oktober. Ons was net een dag in Sydney, het vroeg oggend in die park gaan draf met uitsig op die Opera huis, in die stad rondgeloop en Manley strand besoek met die "ferry".
We loved Sydney and decided that we will never go there to work for a while as we might not return to South Africa.
Hong Kong
Ons het die Suidelike halfrond verlaat en ons eerste stop in die Ooste was Hong Kong. Omdat ons Viëtnam toe via Hong Kong was, het ons besluit om 'n dag oor te bly.
Hong Kong in een woord: Bling! Dit is 'nbesige stad met baie neon ligte, wolkekrabbers, winkels en reuke - waarvan sommige aptytwekkend en ander het ons westerse mae laat draai, hierdie mense eet vreemde dinge. Ons het onsself besig gehou met inkopies (hier is nie juis veel meer om te doen nie) en ons verkyk aan al die nonsens wat hier te koop. Baie van die items (vir beide kinders en volwassenes) is met Hello Kitty versier. Ons moes oplet om nie die mense uit die aarde te loop nie, hulle is so klein jy kyk hulle maklik mis. Die hoogtepunt van ons kort besoek was die lig- en klankvertoning. Dit word elke aand 8 uur aangebied en is die grootste permanente lig-en klankvertoning in die wêreld. Verskeie geboue is met adissionele neon ligte versier en op die maat van musiek word dit gekombineer met kolligte en lazers in die vertoning.
Our flight to Vietnam was via Hong Kong, we decided to spend a day there. One word for Hong Kong: Bling!

1 comment:

Hansie said...

Hello Gert en Marna,

Baie dankie vir die getroue opdatering van julle blog, dit is flippen cool!! Ek en Mignon was in Oktober in Sydney en stem 100% saam met julle, dit is 'n ongeLOOFlike stad, ons was 4dae daar en dit was nie naastenby genoeg nie. Gaan verseker weer daarheen travel. Geniet julle laaste deel van die groot wereldtoer, dink ons moet 'n groep vriende bymekaar kry en dan saam travel na die World Cup 2011 in NZ!! Be Blessed, Hansie