During our first bus ride in Vietnam we realised that the roads and the drivers are not the best. After a long night on the bus, we arrived in Hoi An.
Hoi An
Hoi An
Hoi An is bekend vir hulle snyerswerk. Vir 'n paar duisend Dong ( R1 = VND 2000 dws GBP 1 = VND 32 000) maak hulle vir jou 'n pak klere in twee ure. Omdat ons spasie beperk is, kon ons nie van die dienste gebruik maak nie, maar omdat ek al so moeg is vir broeke, het ek wel twee rompies en twee rokke aangeskaf, Gert het 'n paar sydasse gekry vir wanneer ons terugkeer na die werkersklas. Die wind het verskriklik gewaai terwyl ons daar was en ons kon nie die mooi strand geniet nie, ons het darem 'n lekker plekkie opgespoor waar ons "cocktails" kon geniet. Die kos in Hoi An is baie lekker en goedkoop.
Hoi An is known for it's tailoring. For a couple of thousand Dong ( R1 = VND 2000 , GBP 1 = VND 32 000) you can get a suit tailored in 2 hours. As it was really windy, we could not enjoy the beach, but managed to get good cocktails on the way.
Visserskepe in Hoi An hawe / Fishing boats in Hoi An harbour
Tonele van Hoi An mark / Scenes of Hoi An marketplace
Nuutgespinde sy / Newly spun silk
Japanese brug / Japanese bridge
Uitstekende kos in Hoi An / The food was brilliant in Hoi An
Ontspan met 'cocktails' / Relax with cocktails
Die Viëtnamese sit nie soos ons op hulle boude nie, hulle hurk. Selfs op 'n stoel sit hulle soms so op hulle hurke, weet nie hoe hulle bene dit hou nie.
The Vietnamese do not sit on there bums, they squat. Even on a chair they sit like this, do not know how there legs survives this.
Ons het 'n taxi van Hoi An geneem Danang toe en van daar af die trein tot in Hue. Hierdie treinrit word gereken as van die mooistes in die wêreld. Dit was wel 'n baie mooi rit al met die kus langs, maar ons entoesiasme was effens gedemp deur die kakafonie van Viëtnamese klanke: mense wat op mekaar skreeu (gesels?), kinders wat gil en die plaaslike "opera" op die TV. 'n Ekstra halmpie strooi op die kameel se rug was dat die trein 5 ure aan die sowat 100km gery het.
We took a taxi from Hoi An to Danang to catch a train from there to Hue, supposedly one of the most scenic train rides in the world. The scenery was beautiful, but the sounds that accompanied the ride, locals yelling (talking?) at each other, kids shouting and the local "opera" on the TV, all contributed to the cross cultural experience.
Hue
Hue
Voor die 1956 Geneva verdrag wat Viëtnam in Noord (Kommunisties) en Suid (Kapitalisties) verdeel het, gesluit is was Hue die hoofstad van Viëtnam. Dit is ongeveer 100km suid van die 17de parrallel geleë, wat die land in twee verdeel het. Die meerderheid van die konvensionele kontak tydens die Viëtnam oorlog het in hierdie omgewing plaasgevind. Hierdie area staan bekend as die DMZ: Demilitarised Zone. Vanaf Hue het ons op 'n DMZ toer gegaan. Ons het verwag om baie ou artillerie ens. te sien rondstaan, maar behalwe vir 'n ou tenk en 'n helikopter by die Khe Sahn (belangrike VSA basis) museum, het ons niks gesien nie. Die gids het ons vertel dat die vuisvoos Viëtnamese so gou as moontlik alle sigbare tekens van die oorlog verwyder het. Wat wel jare na die oorlog nog 'n probleem was en steeds is, is die verskeie landmyne en ander bomme wat agtergebly het. Laasgenoemde is soms gesien as onskadelike voorwerpe en was gebruik as sokkerballe, met tragiese gevolge. Daar word gereken dat ongeveer 7,000 mense per jaar kort na die oorlog gesterf het, as gevolg hiervan. Selfs vandag nog is daar ongeveer 10 insidente per maand. Ander blywende skade wat nooit herstel kan word nie, is dit wat deur Agent Orange aangerig is. Agent Orange is 'n chemikalië wat deur die VSA gebruik is om dig bebosde dele te ontbos sodat die vyand nie onder die blare kon skuil en beweeg nie. Vandag groei daar niks meer as bossies en gras hier nie. Die mense se gesondheid is ook deur die middels geaffekteer.
From Hue we took a tour of the Demilitarised Zone (DMZ). We expected to see a lot of old artillary and tanks, but according to the guide, the locals were so fed up with the war that they removed all traces of the war as soon as it ended. What did remain though, was thousands of unexploded bombs and mines. These were sometimes seen as toys with fatal consequenses. Initially these objects caused around 7000 accidents per year. These days the figure is still an allarming 10 victims per month. Other more permanent damage was that caused by Agent Orange, sprayed by the Us as a defoilant. Where this mixture of chemicals were sprayed on the countryside, nothing more than a few schrubs will grow. It also causes sickness among the locals.
Die hoogtepunt van die DMZ toer was die besoek aan die Vin Moc tonnels. Die plaaslike inwoners het hierdie tonnels (1,7km in totaal) gegrawe om te skuil van die VSA se bomme. Hulle het gekies om nie hulle dorpies te verlaat nie, sodat hulle die Noord Viëtnamese weermag logisties kon ondersteun. Hulle moes soms tot 5dae in die tonnels skuil.
The highlight of the DMZ tour was the visit to the Vin Moc tunnels. These tunnels were used by the locals as cover from US bombardments.
Oorlogtoneel by museum, merk die 'USA' bomme
An image portraying the war, see the 'USA' bombs
Fietsry deur Hue / Bicycle ride through Hue
Imperial palys in Hue / Imperial Palace in Hue
Tipiese kommunistiese plein / Typical communist square
'n Paar algemene waarnemings
A few general observations
Die Viëtnamese taal is baie kras en val hard op die oor, dit is moeilik om hulel bui vas te stel, want dit klank altyd asof hulle skel.
Die Viëtnamese taal is baie kras en val hard op die oor, dit is moeilik om hulel bui vas te stel, want dit klank altyd asof hulle skel.
The Vietnamese language is a very harsh language. It always sounds as if they are upset with you.
Iets anders wat nog nie oorgespoel het van die Weste nie is om in rye te staan.
Iets anders wat nog nie oorgespoel het van die Weste nie is om in rye te staan.
The Vietnamese do not stand in ques.
Ook hoor mens dikwels 'n onaardige geluid wat iemand êrens diep agter in sy/haar keel gaan haal, natuurlik word daar dan op die plek gespuug.
Ook hoor mens dikwels 'n onaardige geluid wat iemand êrens diep agter in sy/haar keel gaan haal, natuurlik word daar dan op die plek gespuug.
Nasal sounds are everywhere and is usually followed by the inevitable spit.
Die Viëtnamese het 'n besonderse liefde vir Karaoke. Daar is talle Karaoke restaurante in al die dorpe wat ons tot dusver besoek het. Met die geluide wat daar uitkom kan osn met sekerheid sê dat die volgende internasionale popster nie van Viëtnamese afkoms sal wees nie, tog doen dit nie afbreek aan die entoesiasme waarmee gesing word nie.
The Vietnamese LOVE Karaoke. Where they lack in ability, they compensate with enthusiasm.
The Vietnamese LOVE Karaoke. Where they lack in ability, they compensate with enthusiasm.
"Same, same, but different" - mens hoor dit gereeld in Viëtnam. As 'n verkoper jou probeer oorreed dat die vervalste produk wat hy/sy aan jou probeer verkoop is van dieselfde standaard as die ware Jacob: Verkoper: "Same, same". Toeris: "But different"
'n Winkeleienaar jou oorreed dat sy/haar produk verhewe is bo die van sy buurman wat presies dieselfde verkoop: Toeris: "Same, same" Winkeleienaar: "But different".
"Same, same, but different" - you will hear this often in Vietnam. If a vendor tries to convince you that the fake he/she is trying to sell you is as good as the real thing: Vendor: "Same, same". Tourist: "But different"A shopkeeper tell you that his/her product as exactly the same one sold by his neighbour Tourist: "Same, same" Shopkeeper: "But different".
No comments:
Post a Comment