Friday, 21 December 2007

Laos

Vientiane

Die hoofstad van Laos en skynbaar die mees rustige hoofstad in die wêreld. Na ons marathon dag wat 4am op Hanoi se stasie begin het, het ons net 'n bed gesoek met ons aankoms. Aangesien daar nie veel gebeur in Vientiane nie, het ons sommer al die volgende oggend vroeg deurgeskiet Vang Vieng toe.

The capital of Laos and apparently the most relaxed in the world. After our marathon day that started at 4am on the Hanoi station, we only wanted a bed on arrival. As there is not much happening here, we shot off to Vang Vieng the next morning.

Vang Vieng

VV is die "backpacker" Mekka van Laos. Die strate is gevul met die een restaurant op die ander wat uitgerus is met lae tafels en kussings, waar toeriste lê-sit met 'n Beer Lao in die hand en 'n TV of drie wat Friends wys. Sou dit jou interesseer kan jy 'n Happy pizza, Happy tee of sommer net 'n skoon pakkie dagga of opium van die "Special Menu" af bestel.

die rede vir VV se gewildheid is die keur van avontuur aktiwiteite beskikbaar. Die mees populêre hiervan is om met 'n binneband by die Nam Xong rivier af te dryf. Elke paar honderd meter kan jy uitgevis word by 'n plesier oord waar Beer Lao, swaai toue, vlugbal en vele meer beskikbaar is. Baie feestelik.

Buiten vir bogenoemde is daar verskeie grotte in die omgewing. Ons het drie dae hier in VV spandeer. Dag een het ons op 'n kayak toer op die Nam Xong gegaan, wat ook 'n besoek aan twee grotte ingesluit het. Die kayak was op 'n pragtige deel van die rivier en die toergids het dit baie geniet om ons en twee Fransmanne deur 'n spesiale roete te neem deur die grot, waar ons met tye op ons mae moes seil. Ons was lekker vuil hierna gewees.

Die tweede dag het ons fietse gehuur en die oggend op eie stoom, 'n paar grotte besoek, ons het weer op ons mae geëindig. Die namiddag het ons gaan 'tube'.

Ons laaste dag het ons weer gaan kayak op die Na Nung rivier, terug Vientiane toe.

VV is the backpacker's Mecca of Laos. Tourists flock here to enjoy the variety of adventure activities to be found in the area. The favourite is to tube down the bar riddled Nam Xong river.
We also enjoyed caving and kayaking here.


(Kan ek myself in die rede val?....

Kan ek myself in die rede val met 'n skets van waar ek nou sit en skryf op die busstasie in Thakhek. Op linkerhand sit 'n klomp vrouens besig om vliëe van die dooie eekhorings te waai wat hulle smous aan die passasiers. Aan my regterhand sit Gert en gesels met twee plaaslike inwoners wat hulle Engels wil oefen, 'n redelike eenvoudige gesprek. Wanneer die gesprek opdroog, word dit weer op dreef gebring deur vir Gert te vra waar kom hy vandaan. Oorhoofs 'n TV met een of ander oosterse drama wat Mills en Boons na Oscar materiaal laat lyk. Dis moeiliker om die reuke in woorde weer te gee, so ek probeer nie eers nie. Ek het gedink ek deel die oomblik met julle.)

Thakhek en omgewing

Ons eerste stop in sentraal Laos, was 'n besoek aan die Tham Kong Lor grotte. Dit was 'n lang reis om daar uit te kom: 5 ure op die plaaslike bus, 2 ure op 'n Songthaews ('n trokkie met bankies), na twee ure se wag in Ban Na Hin 'n tweede Songthaews tot by Ban Kon Lor en eers na nog 3km se stap deur ryslande, het ons by die oornagpunt aangekom. Ons was goed uitgeput, maar min het ons geweet dat die volgende dag baie meer ontberinge sou inhou.

Die Tham Kong Lor grotte is 6km lank en tonnel regdeur 'n berg. Ons het saam met plaaslike inwoners met 'n boot deur die grot gevaar. Die rit op die rivier voor en na die grot was ook prentjie mooi. In die middel van die grot het ons gestop om na 'n ongelooflike tuin van stalagmiete en stalagtiete te kyk.



Our first stop in central Laos was the Tham Kong Lor Caves. These Caves are 6km long and tunnels through the mountain. We went through the caves with some locals on a boat and continued our journey on the other side. This however is not to be recommended as the 7km indicated by the locals to the next town, turned out to be almost 50km's. We never reached this town, as we were picked up by a bakkie when darkness set in and were dropped in some other town, which we still don't know the name of. At least from there we could get a Songthaews to Thakhek the next day and we were back on track.





Ons toerboek het geswyg oor wat aan die anderkant van die grot is, maar op aanbeveling van die Laos inwoners by die oornagpunt, het ons besluit om verder te reis van hier af mbv plaaslike vervoer, wat volgens hulle nie 'n probleem sou wees nie. Met ons aankoms aan die duskant, het 'n vrou ons verduidelik dat ons 'n geleentheid saam met 'n trekkertjie kan kry met die pad af wat ons sal neem tot in Nakai, vanwaar ons 'n tuk-tuk kan kry tot by Thakhek. Ons val toe in die pad Nakai toe. Na ons verneem het dat dit net 7km (gekommunikeer mbv handgebare) weg is, het ons gemeen, sou ons nie 'n trekkertjie raakloop nie, kan ons die afstand te voet ook aflê. Om 'n lang storie kort te maak, na 20km se stap het ons iemand opgespoor wat bietjie Engels kon praat en uitgevind dat Nakai nog 30km van daar af was. Ons het ons opsies opgeweeg en besluit om maar aan te stap. Kort daarna het 'n trekkertjie verbygekom en ons gekarwei vir so uur of wat. Daarna het ons maar weer gestap, die pad nou enkeldiepte stof. Daar was al meer tekens van lewe, maar al die verkeer was van voor af. Toe dit al sterk skemer was en ons seker al 'n verdere 10km voete deur die stof gesleep het, het 'n bakkie vir ons gestop en ons opgelaai. Omdat die bestuurder nie Engels kon praat nie, was ons nie seker waarheen hy gery het nie, maar ons was nêrens nie en hy het êrens heen gegaan. Wel, tot vandag toe weet ons nie wat die dorp se naam was waar ons oornag het nie, want daar was geen Engels nie en Laos gebruik hulle eie alfabet, so ons kon nie eers probeer lees nie. Al wat ons weet is dat dit nie Nakai was nie, want die bestuurder het net sy kop geskud en een of ander naam gegee. Daar was wel gastekamers met warm storte en 'n plekkie waar ons kon eet. Goed dat ons enige iets eet, want met geleenthede soos hierdie is daar nie spyskaarte nie, jy kan ook nie verduidelik wat jy wil hê nie, jy eet net wat voor jou land - die kos was heerlik.
Die kruispad waar ons verneem het dat dit nog meer as 30km is na ons bestemming.
The cross road where we received the news that it was still more than 30km to our destination.
Met 'n lagie stof soos 'n goeie rooiwyn.
With a dust layer like a good red wine.
Die volgende oggend kon ons 'n Songthaews opspoor Thakhek toe en ons was terug op roete. Ons het 'n dag in Thakhek spandeer en die omgewing met 'n motorfiets verken.
Siphandon Eilande


Die Mekong is die 11de langste rivier in die wêreld en 12de in volume. Die rivier loop deur 6 lande en teen die tyd dat die rivier in die Suide van Laos aankom is die rivierdelta 14km breed in die nat seisoen en huisves verskeie eilande.


Na 'n nagmerrie busrit van Thakhek, wat 6 ure langer geneem het as wat dit moes, het ons op die grootste van hierdie eilande, Don Khong, aangekom. Ons het net een nag hier oorgebly en daarna vertrek na Don Deth, 'n eiland 1.5 ure per boot verder suid op die Mekong. Don Deth is 'n "backpacker's paradise", verskeie eenvoudige gras "bungalows" op die rivieroewer, gesellige eetplekke en daarby is dit spot goedkoop. Ons het sleg gevoel om net R10 te betaal vir ons twee saam, maar het beter gevoel toe ander mense nog minder betaal het. Die natuurskoon op die eiland en die naburige Don Khone eiland, wat ons per fiets besoek het is pragtig. Met prentjie mooi sonsondergange kon ons niks beter vind om te doen as om agteroor te sit en lang Beer Lao's te geniet nie.

After a nightmare 15 hours on a local bus from Thakhek, we arrived at the biggest of the Siphandon islands (these are islands in the Mekong in Southern Laos), Don Kong. We left the next day for Don Deth, a smaller island but a backpacker's paradise. The banks are lined with grass bungalows that come at 75p per night for two people. The islands are beautiful, especially at sunset. We spent our time cycling round the islands and drinking long Beer Laos as the sun set.

No comments: